WORD ’N VRIEND VAN DIE KKNK!
Kunste Onbeperk bied aan die lojale kunspubliek ’n geleentheid om deel te wees van ons spesiale klub, waar lede regdeur die jaar verrykende ervarings en kunskultuur met lekker voordele geniet.
Dit is vir ons as nie-winsgewende organisasie – en moeder van spesiale en geliefde projekte soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), Teksmark en Klein Karoo Klassique (Oudtshoorn se klassieke musiekfees) – ’n liefdestaak om uit te reik na ons kunsvriende en lidmaatskap aan die Vriende van die KKNK-klub te bied.
Hierdie lidmaatskap is in die vorm van ’n jaarlikse donasie en help ons om te verseker dat ons aan die kunste die nodige platform bied, dit ontwikkel en in die toekoms bedryf. Ons getroue ondersteuners en alle belanghebbendes by die kunste ontvang verskeie voordele as deel van hul lidmaatskap.
Wat is die voordele?
KKNK-voordele
- Bly op hoogte van alle KKNK-nuus, gebeure en projekte
- Ontvang die KKNK-feesprogram vroeër (voor die publiek, of die bekendstelling daarvan)
- Koop KKNK-kaartjies teen afslagpryse
- Spesiale besprekingsperiode vir KKNK-kaartjies voordat verkope vir die algemene publiek open
- ’n Gratis gedrukte KKNK-feesgids
- Uitgesoekte voordele en aanbiedinge in samewerking met feesborge en -vennote
Klein Karoo Klassique-voordele
- Bly op hoogte van nuus, gebeure en projekte
- Ontvang die Klein Karoo Klassique-feesprogram vroeër (voor die bekendstelling daarvan)
- Koop Klein Karoo Klassique-kaartjies teen afslagpryse
- Toegang tot Klein Karoo Klassique-kaartjies voordat verkope vir die algemene publiek open
- Uitgesoekte voordele een aanbiedinge in samewerking met feesborge en -vennote.
Ander
- ’n Uitnodiging na die Teksmark wat jaarliks by die Baxter-teater aangebied word
- Afslagpryse vir Kunste Onbeperk-produksies landswyd
- Aanlyn konserte en produkte wat aanlyn verkoop word, teen afslagpryse
* Let op: Die KKNK ondersteun die toepassing van ’n Covid-19-inentingsmandaat, in ooreenstemming met en ter ondersteuning van aanbevelings deur gesondheidsowerhede. Dit is die verantwoordelikheid van almal wat graag die fees wil bywoon, om te verseker dat hul aan die vereistes voldoen. Die hoofdoel van die inentingsmandaat is om die veiligheid van alle betrokkenes, insluitend feesgangers, kunstenaars en personeel, asook die plaaslike gemeenskap, ten beste te ondersteun.
Wat is die koste?
Lidmaatskap is in die vorm van ’n donasie van ’n minimum van R350 en is vir ’n tydperk van 12 maande (Januarie tot Desember 2022) geldig.
Hoe word jy ’n Vriend van die KKNK?
- Voltooi die aansluitingsvorm
- Aansluiting is regdeur die jaar moontlik en is geldig vir die kalenderjaar (2022)
- Betaal die donasie in Kunste Onbeperk se bankrekening:
Kunste Onbeperk Kliek
Absa
Rekeningnommer: 916 380 7605
Takkode: 632005
(Gebruik jou naam en van as verwysing)
Vriende van die KKNK: Aansluitingsvorm
Voltooi die vorm hieronder elektronies en dien dit in, of laai dit hier af.
Navrae: Daleen Witbooi | Telefoon: 044 203 8600 | WhatsApp: 065 285 2337 | E-pos: info@kunste.org.za