Welkom by
teksmark 2022
'n KKNK-projek
’n KKNK-projek in samewerking met NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) en die Baxterteatersentrum.
Die sewende Teksmark word van 22 tot 27 Augustus 2022 aangebied by die Baxterteatersentrum in Kaapstad.
Sluitingsdatum vir voorstelle is Maandag 27 Junie om middernag.





Wat is die Teksmark?
Die doel van dié projek is om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike verdere ontwikkeling aan belanghebbendes in die teaterbedryf bekend te stel.
Wie mag deelneem?
Alle skrywers (hetsy gevestig of opkomend) kan voorstelle indien.
Hoe werk Teksmark?
Voorstelle word oorweeg om as leesteater by die Teksmark in Kaapstad aangebied te word. Verteenwoordigers van teaters en feeste, asook vervaardigers en ander moontlike beleggers word na die Teksmark genooi.
Tydens die Teksmark kry skrywers die geleentheid om oor hul teksidees te gesels. Die mark is oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in/of en verdere ontwikkeling van hul tekste.
Omdat daar beperkte tydgleuwe beskikbaar is, kies ’n paneel ’n aantal tekste. Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer aangestel om die uittreksels op te voer.
Dien nóú jou voorstel in om oorweeg te word om tydens Teksmark as leesteater aangebied te word.
Tydens Teksmark sal jy ’n voorlegging oor jou idee aanbied, dan sal ’n uittreksel aangebied as leesteater volg en laastens ’n gesprek met insette van die rolspelers en gehoor teenwoordig.
Kriteria vir die indien van voorstelle:
- Teksmark is slegs vir Suid-Afrikaanse burgers.
- Teksidees in alle genres sal oorweeg word, maar die organiseerder en vennote wil komedie en satiriese tekste
- Tekste/voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale word oorweeg.
- Veeltalige produksies word verwelkom.
- Slegs tekste wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, word oorweeg.
- Alle voorstelle moet volledig ingedien word en vergesel word van die nodige dokumente.
- Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie en die sluitingsdatum sal nie verleng word nie.
- Geen handgeskrewe voorstelle word oorweeg nie – dit moet in Word-formaat ingedien word.
- ’n Teksidee, tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en minstens vyf bladsye met teks/dialoog moet ingedien word. Volledige tekste is welkom maar nie ’n vereiste nie. Daar moet ten minste 10 minute se speelteks ingedien word om oorweeg te word.
Hoe om in te skryf
Die sluitingsdatum is Maandag 27 Junie.
Dien jou voorstel hier in met behulp van die maklike elektroniese vorm.
Jy sal ’n e-pos ontvang as erkenning van ontvangs van jou voorstel.
Teksmark 2022 Inskrywings:








RSVP HIER VIR
SESSIE 5
Vrydag 19 November
10:00-13:00
HIERDIE SESSIE IS VOL BESPREEK