Samsa-masjien
Geniet dié multi-bekroonde produksie as verfilmde drama in jou eie huis!
Willem Anker en Jaco Bouwer se Samsa-masjien is “terug op die planke” en teaterliefhebbers kan nou eksklusief dié multi-bekroonde produksie as verfilmde drama geniet as deel van die KKNK se aanlyn fees in 2021.
Sedert dié produksie in 2012 by die KKNK gedebuteer het, het dit skoonskip gemaak by verskeie toekenningsgeleenthede. Nie net het Samsa-masjien vier KKNK Kanna-pryse (uit ses nominasies) in 2012 ontvang nie, dit was ook die groot wenner by die Fleur du Cap-pryse in 2015.
Samsa-masjien het ’n ouderdomsbeperking van 18 jaar, weens tonele met seks, naaktheid en sterk taalgebruik.
Kaartjies is te koop by Quicket, jy sal ’n skakel van Quicket ontvang sodra jou transaksie beklink is. Sit terug in die gerief van jou eie huis, en kyk saam!
Samsa-masjien
Kaartjies kos R150 elk. As jy ’n lid is van die Kliek-klub of die ATKV, kry jy 10% afslag. Jy sal ’n spesiale kode ontvang wat jy kan gebruik wanneer jy vir jou kaartjies betaal.
Die opname is beskikbaar tot 31 Julie om middernag.




