MARKTE AANSOEKVORM
SLUITINGSDATUM:
Aanlyn aansoeke sluit op Vrydag
11 MAART 2022
ADMINFOOI BETAALBAAR:
R350.00
- Lees alle inligting sorgvuldig deur.
- Een aansoek verteenwoordig een stalletjie of aaneenlopende dubbelstalletjie. Twee aansoeke moet dus ingedien word vir twee aparte stalletjies.
- ’n Nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R350 (BTW ingesluit) word per aansoek gehef om die administratiewe koste verbonde aan die verwerking en keuring van aansoeke te dek.
- LET WEL: Geen aansoek sal verwerk word alvorens die administrasiefooi nie betaal is nie.
- ’n Maksimum van drie stalletjies sal per eienaar toegeken word.
- Betaal die Adminfooi in KKNK se bankrekening:
Kunste Onbeperk Projekte
Absa
Rekeningnommer: 406 333 5414
Takkode: 632005
(Gebruik jou stalletjienaam as verwysing)
Kontak vir Daventia Kennedy by daventia@kunste.org.za vir aansoeke of verdere inligting.
Bepalings en Voorwaardes
*Die KKNK implementeer ‘n inentingsmandaat. Dit beteken dat bewyse van inenting noodsaaklik is. Bepalings en voorwaardes sal egter geld in gevalle waar uitsonderings gemotiveer en ondersteun kan word deur die mandaat.
Aansoeke
- Lees alle inligting sorgvuldig deur.
- Een aansoek verteenwoordig een stalletjie of aaneenlopende dubbelstalletjie. Twee aansoeke moet dus ingedien word vir twee aparte stalletjies.
- ’n Nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R350 (BTW ingesluit) word per aansoek gehef om die administratiewe koste verbonde aan die verwerking en keuring van aansoeke te dek.
- LET WEL: Geen aansoek sal verwerk word alvorens die administrasiefooi nie betaal is nie.
- Aansoeke wat ná die sluitingsdatum van 11 Maart 2022 ontvang word, sal slegs verwerk word indien daar steeds uitstalspasie beskikbaar is, en daar voldoen word aan die vereistes soos hierbo uiteengesit, wat die betaling van die administrasiefooi insluit.
- ’n Maksimum van drie stalletjies sal per eienaar toegeken word.
Heg aan by jou aansoek:
Markte:
- Afskrif van jou identiteitsdokument of geldige werkspermit (indien nie ’n SA burger nie).
- Voldoende visuele materiaal vir keuringsdoeleindes, bv. sosiale media-skakels of kleurfoto’s (selfs indien u reeds voorheen by die KKNK uitgestal het).
- Bewys van betaling van die administrasiefooi (R350). Stalletjienaam moet as verwysing gebruik word.
- Geldige SAMRO-lisensie, waar van toepassing.
- Afskrif van ’n tweedehandse handelaar-sertifikaat, waar van toepassing.
- Tweedehandse handelaars moet aansoek doen vir ’n tydelike tweedehandse verkope-sertifikaat [SAPS601(D)] vir die KKNK. Kontak adjudant-offisier D.W. Beer by 044 203 9199 met navrae.
Kos en deli:
- Die bogenoemde voorwaardes geld, sowel as die volgende:
- Afskrif van ’n geldige geskiktheidsertifikaat vir voedsel van jou eie munisipaliteit.
- Afskrif van ’n geldige gas-sertifikaat, waar van toepassing.
Stalletjiehuur
Stalletjiehuur is vir die duur van die fees en pryse sluit BTW in. ’n Elektrisiteitsvoorsieningspunt word ingesluit by die koste, soos aangedui. Hierdie elektrisiteitsvoorsieningspunt is slegs vir gebruik van ’n kaartmasjien, lig, waaier en selfoonherlaaier. Indien meer elektrisiteit benodig word, dui asseblief só aan op die aansoekvorm.
Infrastruktuur van stalletjies
- Stalletjies in tente word van mekaar geskei deur ’n raam van 32mm staalpype. Die konstruksie is ±2m hoog en het geen dwarspype of grondbedekking nie. Afskortings is jou eie verantwoordelikheid. Die struktuur kan ongeveer 50kg dra.
- Die KKNK voorsien slegs uitstalruimte en nie enige infrastruktuur nie, aan buite-stalletjies.
- Daar moet voorsiening gemaak word vir skadu vir alle buite-stalletjies, en dit moet voorsien word by alle oop ruimtes buite die tente.
- Stalletjiehouers se infrastruktuur moet netjies, skoon en in ’n goeie toestand wees.
- Sleepwaens moet as deel van alle uitstalruimtes ingereken word, of dit moet verwyder word na ’n veilige parkeerarea. Geen sleepwaens mag in die oop ruimtes tussen tente gestoor word nie.
- Indien ’n stalletjiehouer die eiendom of infrastruktuur wat deur die KKNK verskaf word beskadig, sal die stalletjiehouer verantwoordelik gehou word vir die algehele vervangingskoste daarvan. Die KKNK sal ’n faktuur aan die stalletjiehouer uitreik wat binne 30 dae ná die uitreikingsdatum betaal moet word.
Grootte van stalletjies
- Die presiese grootte van stalletjies word in die meegaande tabel aangewys. Jou uitstalruimte moet jou tentpenne en/of konstruksie (sleepwa/woonwa-haak) asook jou naamborde insluit. Buite-stalletjies moet hul presiese grootte aandui. Die KKNK aanvaar nie verantwoordelikheid vir die verskaf van enige inkorrekte inligting oor stalletjiegroottes en -beskrywings tydens die aansoekproses nie. As sulks sal geen stalletjies tydens die fees verskuif word nie. In die geval waar stalletjies groter is as die voorgeskrewe grootte, behou die KKNK die reg voor om ’n beslissing te maak oor die aantal stalletjies wat die aansoeker se behoefte ten beste sal akkommodeer, die toepassing waarvan teen addisionele koste vir die stalletjiehouer sal beloop. Stalletjiehouers mag alleenlik handel dryf binne hul uitstalspasie.
Klik hier om ‘n kykie te kry na hoe vanjaar se Feesmarkterrein gaan lyk en wys ook die presiese grootte van stalletjes aan.
Keuring en verwittiging
Keuring vind deurentyd plaas, mits daar aan die volgende vereistes voldoen word:
- dat die aansoekvorm korrek en volledig voltooi is,
- dat alle vereiste dokumentasie daarmee saam ingehandig is, en
- dat die administrasiefooi ten volle betaald is.
Die besluit van die keuringkomitee sal per e-pos gekommunikeer word. Keuring en verwittiging sal deurentyd plaasvind in aanloop tot die fees.
KKNK vanjaar kontantloos
- Die KKNK Feesmark word vanjaar kontantloos aangebied in ’n verdere poging om die veiligste moontlike omgewing vir feesgangers en stalletjiehouers te verseker.
- Ons sal hierdie kontantlose omgewing aanbied met ’n stelsel wat deur Absa bekendgestel en bestuur word, in vennootskap met Howler.
- Die 2022 kontantlose omgewing gaan gebruik maak van twee stelsels, naamlik die “oop baan” (open loop) en die “geslote baan” (closed loop).
- Die geslote baan sal toegepas word in alle kroeg-areas in die KKNK Feesmark-gebied.
- Dit beteken dat feesgangers alle kontant op ’n Absa-feeskaartjie sal laai, wat dan by die kroeë vir aankope gebruik sal word.
- Die oop baan-stelsel sal by alle ander leweransiers en stalletjies in die gebied gebruik word waar Absa-feeskaartjies, sowel as normale debiet- of kredietkaarte, deurentyd gebruik kan word om betalings te doen.
- Absa sal aan elke stalletjiehouer ’n gratis kaartmasjien verskaf vir standaard kaartbetalings sowel as die Howler-toestel, vir betalings gedoen met ’n Absa-feeskaart.
- Geen ander vorms van betaling sal in hierdie gebied toegelaat word nie.
- Op-betaal-stasies sal strategies geplaas word om ’n gehalte-ervaring vir kliënte te verseker vir wanneer die kliënt geld op die Absa-feeskaart wil laai, of hul oorblywende balans te eniger tyd aanvra vir uitbetaling.
- Die gedetailleerde proses en kliënte-ervaring, sowel as die kommersiële model en kostes betrokke, sal aan goedgekeurde leweransiers gekommunikeer word.
- Absa is daartoe verbind om alle stalletjiehouers, leweransiers en kliënte van die fees deurentyd met hul kontantlose reis te ondersteun.
- Alle transaksies sal opgelaai en bestuur word deur die Howler-toestel om akkurate rekordhouding en daaglikse verkoopsrekonsiliasies te verseker.
- Howler sal een keer gedurende die fees ’n betaling doen aan stalletjiehouers en die oorblywende transaksie-balans sal aan hul uitbetaal word nie later nie as drie dae ná die fees.
- Anders as met vorige stelsels, sal feesgangers die oorblywende balans op hul Absa-kaart kan aanvra op die feesterrein, om sodoende gebruiksgemak te verseker en die hoofdoel te ondersteun: om ’n gehalte kontantlose ervaring te hê.