Netwerk24 en die KKNK se eerste kortfilm-projek, Kortom, sien op Dinsdag 4 Augustus die lig.
Kortom deel die top nege kortfilms, gekies uit 81 inskrywings, met Netwerk24-intekenare. Alle inskrywings is deur ’n paneel gelees, sonder inligting oor betrokkenes, waarna ’n kortlys opgestel en finaliste gekies is. Kykers kan uitsien na vier komedies, drie dramas, ’n riller en ’n nie-verbale dansfilm.
Bladsye: 1 2