27 EN 28 NOVEMBER 2021
OUDTSHOORN



GUY BUTTERY EN DIE GQEBERHA-KWARTET
Met David Bester (viool), Jan-Hendrik Harley (altviool), Lynn Daphne Rudolph (altviool), Mariechen Meyer (kontrabas) en Guy Buttery (akoestiese kitaar, sitar en mbira)
Hierdie uitvoering versterk die musikale interaksie tussen kontemporêre klassieke musiek en Guy Buttery se kenmerkende komposisie-styl. Die samestelling en verwerking hiervan is die dryfveer vir dié projek, wat uiteindelik hierdie dinamiese samewerking met die Gqeberha-kwartet die lig laat sien het. Elke lid van die kwartet word as ’n unieke musikale stem hanteer, wat unieke stryk-teksture tot gevolg het, asook polifoniese melodielyne en poliritmes, gegrond in Buttery se avontuurlustige, dog toeganklike musikale styl.
• Tydsduur: 75 minute
• Datum en tyd: Saterdag 27 November, 10:00
• Venue: Oudtshoorn Burgersentrum
• Prys: R100

SKOONHEID IN VARIASIE/VARIASIE IN SKOONHEID
Met Nina Schumann (klavier)
Hoe beskryf ’n mens ’n uitvoering van verskeie pragtige werke? Want skoonheid is subjektief en kan baie vorme aanneem. Daarbenewens dui die woord “variasie” op verskeidenheid, maar die gebruik van klassieke variasievorm was ’n inperking eerder as inspirasie. In hierdie uitvoering dien die kombinasie van vier komponiste – Bach, Mendelssohn, Rachmaninoff en Medtner – se werke, nie net om die tradisionele variasievorm en die “herkomposisie” daarvan uit te lig nie, maar ook die gesprek tussen komponiste op grond van gedeelde estetika.
• Tydsduur: 65 minutes
• Datum en tyd: Saterdag 27 November, 15:00
• Venue: Oudtshoorn Burgersentrum
• Prys: R100

SKEMERKONSERT
Met Renee van der Westhuizen (tweede viool), Emile de Roubaix (altviool), Dane Coetzee (tjello) en Petrus de Beer (eerste viool)
Klein Karoo Klassique Sunset Concert is ’n spesiale program van gewilde klassieke musiek, musiek uit musiekblyspele, bekende filmmusiek en selfs ’n paar klassieke verwerkings van hedendaagse populêre treffers. Dié uitsonderlike strykkwartet bied werke van Mozart tot Andrew Lloyd Webber, Katy Perry tot Bach, met die Karoo-sonsondergang as agtergrond vir ’n klassieke opelugervaring. Gaste kan vroeg aanmeld vir Karusa se a-la-carte spyskaart en ’n heerlike familie-aand onder die Karoo-sterre. Die program word aangebied met ’n kort pouse.
• Tydsduur: 100 minute, including a 10 minute interval
• Datum en tyd: Saterdag 27 November, 18:30
• Venue: Karusa Vineyards
• Prys: R100

’N BAROK-KERSFEES
Met Lynelle Kenned (sopraan), Joshua Frank (blokfluit), Erik Dippenaar (klavesimbel en musikale leiding) en Sandra Prinsloo (voorlesing)
Lede van die Kaapstad Barokorkes bied ’n program van Kersmusiek uit die Barok aan, waarvan vele steeds in ons gereelde Kers-repertoire ingesluit is. Die program sluit in: uittreksels uit Handel se Messiah en Corelli se Kersfees-concerto, soos in rondom 1780 deur Thomas Billington vir klawerbord getranskribeer, asook gewilde Kersgesange soos Isaac Watts se Joy to the World uit 1719, en O come, all ye faithful uit die mid-1700’s. Die musiek word aangevul met gepaste voorlesings deur Sandra Prinsloo.
• Tydsduur: 60 minute
• Datum en tyd: Sondag 28 November, 11:00
• Venue: Oudtshoorn Burgersentrum
• Prys: R100
Pakket vir al vier konserte = R320 (spaar R80 of 20%)
KAARTJIES IS BESKIKBAAR BY QUICKET!
ALLE UITVOERINGS IS VIR DIE HELE FAMILIE.