Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is vanaf 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn aangebied. Die Kanna-pryse, ’n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, vind weer plaas op Vrydag, 22 April 2022, in Kaapstad. Die onafhanklike Kanna-paneel met Rafiek Mammon as […]
Kategorie: KKNK
KKNK2022 bied bekostigbare en gratis vermaak vir die hele gesin.
Daar is te kies en te keur tydens vanjaar se KKNK, ondersteun deur Absa, met iets wat elkeen se beursie én smaak sal pas wanneer die fees van 29 Maart tot 3 April op Oudtshoorn plaasvind. Die méér kompakte fees gaan net ’n bietjie anders lyk, maar steeds met feesgangers se gunsteling aktiwiteite en paar […]
Wat behels die KKNK 2022 se inentingsmandaat?
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vind in sy aangepaste nuwe vorm van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn plaas en, in ’n neutedop: álmal is welkom – ingeënt al dan nie, maar daar ís wel enkele bepalings en voorwaardes wat sal geld om alles vlot te laat verloop. Die besluit om ’n inentingsmandaat toe […]
KKNK vier in 2022 weer fees op Oudtshoorn
Oudtshoorn skud ná ’n afwesigheid van twee jaar sy vere reg om feesgangers van 29 Maart tot 3 April 2022 by die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te verwelkom.
Oudtshoorn se mense skitter in KKNK-reeks
Oudtshoorn se mense, ’n reeks waarin Oudtshoorniete nie net hul talent ten toon stel nie, maar ook gesels oor dié besonderse dorp en streek, word as deel van die aanlyn KKNK 2021 aangebied. “Alhoewel gehore die afgelope twee jaar nie na Oudtshoorn kon kom vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) nie, bring die KKNK […]
Eerste Afrikaanse group chat komedie binnekort te sien
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) bied van 13 tot 19 Desember nóg ’n digitale eerste aan, met die skep van ’n platform vir teater van ’n ander soort. “Koeël deur die kerk is ’n komedie wat die konsep van ’n familie-geselsgroep op ’n selfoon gebruik om ’n storie oor te dra. Ons het aan die […]
Aansoeke ingewag vir nuwe internasionale teksontwikkelingsprojek
TEKSTMARKT, ’n unieke teksskryfprojek tussen Nederland en Suid-Afrika, wil skeppende skryfwerk aanmoedig met dié nuwe aanlyn program. Alle gevestigde en opkomende dramaturge en teksskrywers uit Suid-Afrika en Nederlandword genooi om deel te neem aan die projek en hul stories te vertel, hetsy op die verhoog of in ’n rolprent. Deelnemende kandidate sal deur ’n onafhanklike paneel uit […]
Stemme: LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi bring monoloë deur topteatermakers
Van die land se voorste dramaturge, akteurs en regisseurs neem deel aan Stemme, ’n sinergieprojek tussen LitNet, NATi, Suidoosterfees en KKNK. Stemme is ’n reeks van 10 kort, kragtige monoloë waarvan verfilmde weergawes en tekste weekliks vanaf 13 Julie 2021 op LitNet vrygestel sal word. LitNet het dramaturge uitgenooi om monoloë vir die projek te […]
Multi-bekroonde Samsa-masjien op film verewig
Willem Anker en Jaco Bouwer se Samsa-masjien is “terug op die planke” en teaterliefhebbers kan nou eksklusief dié multi-bekroonde produksie as verfilmde drama geniet as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees in 2021. Sedert dié produksie in 2012 by die KKNK gedebuteer het, het dit skoonskip gemaak by verskeie toekenningsgeleenthede. […]
Eerste Afrikaanse Covid-19-digbundel eersdaags beskikbaar
Die eerste Afrikaanse digbundel met die Covid-19-pandemie as tema, Maskers en mure, word op 11 Junie op Oudtshoorn bekendgestel. Die digters Daniel Hugo en Francois de Jongh was die samestellers.