KKNK
gepos in

KKNK Mothership Sessions-musiekreeks: Emo Adams UNPLUGGED

Die konsert is UNPLUGGED met ’n vierstuk-orkes en Adams se pa, Omar “Boeta Maan”, sluit ook by hom aan vir ’n liedjie of twee. Die talentvolle jong kletsrymer, Rotas The Rapper maak ook sy verskyning in hierdie baie spesiale KKNK Mothership Studios-konsert.

Emo Adams vertel dat hierdie vertoning vir hom baie na aan die hart lê: “Die Mothership produksie-span se fokus was 100% op die kunstenaars en dit bied ’n meer intieme ervaring as jou gewone lights, camera, action. Dit herinner my aan die MTV Unplugged Sessions – die gehoor leer die kunstenaars op ’n meer gestroopte vlak ken. Ek dink mense gaan verras wees want dis ’n kant van my wat ek nie aldag wys nie.”

Dit is ook vir Emo ’n eer om saam met sy pa op te tree. “Ons sing eintlik baie min saam op ’n verhoog. Een van die liedjies wat ek en hy in die show doen is O Vader, `n liedjie wat my pa self geskryf het op die musiek van Il Mondo. Hy het dit verwoord uit iemand anders se perspektief – iemand wat koud kry op die strate en vir God vra om asseblief na ons kinders te kyk. Hierdie liedjie is vir my op verskeie vlakke betekenisvol. Ek is self ’n pa en ons werk ook beide baie met kinders. Ek het my liefde om jong talent aan te moedig van my pa gekry.”

Een van die jong kunstenaars wat Emo graag aanmoedig is Rotas The Rapper, wat ’n groot indruk op hom, en die kykers gemaak het in die onlangse reeks van Maak my Famous. Dié jong kunstenaar maak ook ’n verskyning in dié heerlike konsert. Emo sê dat Rotas The Rapper beslis ’n kunstenaar is om dop te hou: “Hierdie ou gaan golwe maak. En ek staan al die pad agter hom.”

Kknk

Die groep wat saam met Emo Adams optree is ook almal goeie vriende en verleen ’n soomlose, afgeronde gevoel aan die vertoning.  Sean de Vries is die musiekregisseur en ook op baskitaar, Lance Rhoda is op cajon, Brynne Bailey op klavier en August West speel die saxofoon.

Die KKNK Mothership Sessions se uitvoerende vervaardiger, Carien Loubser sê: “Dis ’n besonderse ding as musikante weer bymekaar kom nadat hulle vir lank nie kon optree of musiek maak nie. Hierdieshow wys ’n rou, eerlikheid van Emo en die musikante wat saam met hom optree.”

Moet hierdie buitengewone konsert nie misloop nie. Kry jou kaartjies by WEBTICKETS.

HOE OM DIE VERTONING TE KYK: (Twee maklike stappe!)

  1. Jy koop ’n kaartjie presies soos wat mens ’n kaartjie vir ’n gewone konsert sou koop, by WEBTICKETS. (Jy moet ’n profiel skep, en jou kontakbesonderhede invul). 
  2. Op die aand van die vertoning, skakel jy weer in op WEBTICKETS, gaan na My Account, en kliek dan op My TicketsHier sal ’n skakel wees wat 20:00 live gaan. Kliek dan op die skakel – die player sal outomaties oopmaak en jy kan die vertoning kyk. 

So maklik soos dit.

Die konsert is beskikbaar om te kyk vanaf 6 Augustus om 20:00 tot Sondag 9 Augustus om midderrnag.

Meer inligting, en die volledige program vir die KKNK Mothership Sessions-musiekreeks is beskikbaar byhttps://www.kknk.co.za/kknk-mothership-sessions/

Musiekliefhebbers kan ook met die aankoop van kaartjies ’n donasie aan die Tribuo-fonds maak. Dié hulpfonds is gestig om betrokkenes in die uitvoerende kunste tydens die Covid-19-pandemie te ondersteun. Meer inligting is beskikbaar by https://www.kknk.co.za/

Kunstenaarsnavrae:
Liny Kruger
E-posadres: liny@mweb.co.za
Selfoonnommer: 082 464 1926

Vir medianavrae:         
Hugo Theart
E-posadres: hugo@kunste.org.za
Selfoonnommer: 083 324 2445