DramawebSA
gepos in

KKNK Dramaweb SA 2022-finaliste aangekondig!

Kknk
gepos in

Die finaliste van vanjaar se KKNK Dramaweb SA-kompetisie is bekend.

Hierdie leerders se video-inskrywings is sorgvuldig uit honderde in dié gewilde aanlyn dramakompetisie gekies, en finaliste sal mekaar die verhoogstryd aansê in die nasionale finaal tydens ’n regstreekse uitsending op Saterdag 18 Junie 2022 op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal en webwerf.

Hierdie opwindende proses het tydens verlede jaar se eindronde sowat 15 000 kykers gelok!

Die beoordelaars is baie beïndruk met vanjaar se KKNK Dramaweb SA-inskrywings, wat weer van oor die land heen ingestroom het, sê Ira Blanckenberg, stigter en sameroeper van die kompetisie, wat in samewerking met die KKNK aangebied word.

“Dit was weer eens vir ons heerlik – hoewel daar natuurlik baie deeglik na alle elemente gekyk is om opbouende terugvoer te kan verskaf – om vanjaar se werk te beoordeel en die finaliste te kies. Dit bly ’n feit: ons land is gevul met talentvolle aspirant-akteurs!” sê sy.

“Die doel van KKNK Dramaweb SA bly dieselfde: ons wil jong akteurs se talente help slyp en daarmee saam vir hulle waardevolle vaardighede leer wat hulle kan saamneem op die pad vorentoe, soos die selfvertroue, kreatiewe denke, kommunikasievaardighede en dissipline wat hul uit deelname aan die kompetisie in hul persoonlike arsenaal kan toevoeg.”

Die kompetisie is oop vir beide Afrikaanse en Engelse deelnemers in verskeie afdelings, wat ongedramatiseerde gedig en/of prosa, gedramatiseerde gedig en/of prosa, voorbereide lees, monoloog en selfs mimiek insluit.

Só lyk Saterdag 18 Junie se program vir die Afrikaanse afdeling:
09:00 – Graad RR tot 1
10:00 – Graad 2 tot 4
11:00 – Graad 5 tot 7
Middagete
13:00 – Graad 8 tot 10
15:00 – Graad 11 tot 12
17:30 – Regstreekse aankondiging van die topdrie in elke kategorie en prysuitdeling.

*Die Engels-eindronde vind op Sondag 19 Junie plaas vanaf 09:30.

Vir die KKNK lê die ontwikkeling en opbou van die jeug se dramatalent ons na aan die hart, sê Hugo Theart, die KKNK se artistieke direkteur. “Hierdie is ’n vennootskap wat die KKNK met trots ondersteun, aangesien dit spreek tot dieselfde doelstelling wat ons ook probeer uitleef: om ’n platform vir die kunste en letterkunde te wees, en ’n hulpbron wat leerders kan help om ’n moontlike toekoms in die uitvoerende kunste te kies, en ook gehore en ondersteuners van die kunste te kweek.”

Baie geluk aan die finaliste:

AFRIKAANS Graad RR tot 1
Alri Vermaak, Iprov Studios
Anca Peter, Laerskool De Hoop
Chanté Benson, Laerskool Krugerpark
Hilda van Wyk, Pikkie Paradys
Lexi Hanekom, Pikkie Paradys
Mia Spies, Laerskool Unika
Mila Palvi, Pikkie Paradys Senior
Reine du Plessis, Improv Studios
Riley Verheem, Improv Studios
Steven Palvi, Pikkie Paradys Senior

AFRIKAANS Graad 2 tot 4
Khloë Hanekom, Laerskool Gene Louw
Kiara Zietsman, Curro Durbanville
Leila Erasmus, Welkom Volkskool
Leila Palvi, Laerskool Gene Louw
Liam Steynberg, Laerskool Roodekrans
Lize Botes, Laerskool Protearif
Marinell Wolmarans, Laerskool Gene Louw
Matthew Louw, Laerskool Gene Louw
Mieke Drenth, Laerskool Wonderboom
Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans

AFRIKAANS Graad 5 tot 7
Amonique Bence, Laerskool Constantia
Daniël Snyman, Laerskool Durbanville
Edward Harding, Laerskool Muldersdrift
Luca Human, Curro Durbanville
Mabel Matthee, Rûens Kollege
Marné Pretorius, Laerskool Witrivier
Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Risa Burger, Curro Durbanville
Rossouw van Wyk, Laerskool Nelspruit
Symone Venter, Laerskool Kenmare

AFRIKAANS Graad 8 tot 10
Anome Meyer, Hoërskool Noordheuwel
Ethan Bester, Hoërskool Randburg
Kamryn Lowe, Oranje Meisieskool
Liné Allen, Hoërskool Noordheuwel
Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gymnasium
Mongenique Viljoen, Hoërskool Noordheuwel
Monja van Heerden, Hoërskool Noordheuwel
Rian Knoesen, Hoërskool Zwartkop
Rico Immelman, Hoërskool Noordheuwel
Zander Oberholster, Hoërskool Martin Oosthuizen

AFRIKAANS Graad 11 tot 12
Anastacia Pharo, Apex High School
Ann-ne Venter, Hoërskool Durbanville
Carla Swanepoel, Hoërskool Durbanville
Charnelle Beukes, Apex High School
Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen
Karli Marais, Hoërskool Noordheuwel
Lisa Kukard, Hoërskool Durbanville
Mariska Esau, Apex Hoërskool
Paul Strydom, Hoërskool Parel Vallei
Zane Habig, Hoërskool Parel Vallei
Zoe Labuscagne, Hoërskool Noordheuwel

ENGELS GRAAD RR tot 1
Gabriella Tucker, Curro Krugersdorp
Khanya Duvenhage, Tuisskool
Leyla Heinz, Curro Krugersdorp
Reuben de Jager, Parys Primêr
Stefan Pretorius, Laerskool Randfontein

ENGELS Graad 2 tot 4
Alice Grobler, Laerskool Roodekrans
Annabella Stam, Curro Durbanville
Caleb Haefele, Curro Durbanville
Cara Claassen, Laerskool Roodekrans
Carli de Jager, Parys Primêr
Kyla Oosthuizen, Improv Studios
Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans
Telika Kruger, Trinity Little Falls
Theodore van Diemen, Laerskool Anton van Wouw
Valantay Pietersen, Christelike Privaatskool Malmesbury

ENGELS Graad 5 tot 7
Amy Perkins, Curro Durbanville
Elizabeth Coetzer, Curro Durbanville
Grace Lynch, Curro Durbanville
Janel Meijer, Laerskool Anton van Wouw
Leané Nortje, Laerskool Helderkruin
Lucy Morillion, Curro Durbanville
Mabel Matthee, Rûens Kollege
Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Ngcali Dantile, Curro Durbanville
Rossouw van Wyk, Laerskool Nelspruit

ENGELS Graad 8 tot 10
Ethan Bester, Hoërskool Randburg
Gabriella Grasso, Fairmont High School
Gabriella Grobbelaar, Pearson High School
Gabriella Groves, Hoërskool Durbanville
Lenadri Groenewald, Hoërskool Noordheuwel
Liané Schuck, Hoër Tegniese Skool Middelburg
Lillian de Valle, Grantleigh High School
Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gymnasium
Monica Swart, Hoërskool Eldoraigne
Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei

ENGELS Graad 11 tot 12
Asenathi Mzola, Apex High School
Bridget Wesson, Melkbos High School
Courtney Schelhase, Hoërskool Tygerberg
Mbali Mbiza, Apex High School
Nangamso Dubula, Apex High
Nicole Booyens, Glenwood House
Sakhikhaya Zingange, Apex High School
Taylor Davids, Apex High School
Wayde Solomons, Apex High School

Die finaal word regstreeks op die KKNK Dramaweb SA-webwerf uitgesaai by kknk.co.za/dramaweb-sa en die beoordelaars sal die regstreekse optredes hier aanlyn evalueer.

Die KKNK word geborg deur Absa en Media24 met verdere ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn-munisipaliteit, en Business and Arts South Africa (BASA).