Feesvervoer
Bekommerd oor vervoer tydens KKNK2022? Lees dan hier!
Daar is oplossings vir alle feesgangers – hetsy jy van die lughawe na die fees, van een lokaal na ’n ander, of tussen plase wil rondbeweeg.
Feesgangers wat vlieg na die George-lughawe, kan van die Feesvervoer-opsie gebruik maak.
Bespreek dit deur e-pos te stuur na feesvervoer@kunste.org.za, of kontak Jan Britz direk by 083 310 2499.
Die koste is R300 per persoon vir ’n eenrigting-rit tussen Oudtshoorn en die George-lughawe.
Die Pendeldiens sal feesgangers in Oudtshoorn rondrits tussen lokale.
- In die dorp: R30 per eenrigting-rit.
- Karusa of Surval: R80 retoer.
- Celebratio Granaatplaas: R100 retoer, maar dis belangrik om vooraf te bespreek.
Betaling geskied sodra jy in die bussie klim.
Contact 083 310 2499 tydens die fees om jou wiele te bespreek.