The Mothertongue Project in samewerking met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en NAti bied aan
MET Rehane Abrahams (spel) en Lukhanyiso Skosana (sang)
TEKS Rehane Abrahams
VERTALING Jason Jacobs
REGIE Sara Matchett
MUSIEK Lukhanyiso Skosana
CHOREOGRAFIE Kerry-Lynn Smith
STAGE MANAGER Amber Fox-Martin
STEL- EN KOSTUUMONTWERP Craig Leo
BELIGTINGSONTWERP Craig Leo en Sara Matchett
Oorspronkilike produksie ondersteun deur:
- National Arts Council (NAC)
- Suidoosterfees (SOF)
- Toyota US Woordfees
- Klein Karoo National Arts Festival (KKNK)
- Die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi)
Womb of Fire kry nuwe lewe in die vertaling Brandbaar. Die verhaal speel af teen die agtergrond van ’n episode uit die Indiese Mahabharata-epos. Eietydse werklikhede word verweef met die stories van twee vroue in die Kaapkolonie se stigtingsjare: Grote Katrijn van Pulicat (1681-1683), die eerste slaafbandiet, se reis van Indië deur Batavia na die Kaap, en die kort, brutale lewe van Zara (1648-1671), ’n KhoeKhoen-dienskneg wat postuum deur die VOC gestraf word weens selfmoord. Womb of Fire is met drie WoordTrofees en twee Fleur du Cap-pryse bekroon.
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding, T
Tydsduur: 60 minutes