

2022
Inskrywings sluit op 15 mei 2022

Is jy ’n stemkunstenaar in wording? Hierdie is jou kans!
BiB is Afrika se oudio-biblioteek is ’n opwindende nuwe platform waarop die stories en stemme van Afrika aangebied word. Hulle is ook ’n borg van die KKNK Dramaweb SA-kompetisie vir 2022 – ’n aanlyn, landswye kompetisie wat die teatervaardighede van die jeug sal slyp – onder die towerstaf van die magiese Ira Blanckenberg. BiB sal ’n kontrak vir ’n boekopname aan twee van die kompetisiewenners beskikbaar stel (een in Afrikaans en/of een in Engels)!
Daar is fantastiese pryse op die spel in vanjaar se KKNK Dramaweb SA-kompetisie vir leerders!
Die pryse ter waarde van meer as R32 500 sluit in:
- 30 geskenkbewyse (R300 elk), 30 geskenksakkies gevul met hul PNA-handelsmerkprodukte
- 2 iGlide “hoverboards” van Exclusive Brands Online
- 5 geskenkpakke (R500 elk) en 3 “unboxing” YouTube-geleenthede van Yokico
- 10 geskenkbewyse (R200 elk) van Bargain Books
- 2 geskenkbewyse (R1000 elk) by enige twee handelaars in die N1-Stad-winkelsentrum
- 2 grimeergeskenkpakke (R800 elk) van Revlon
- 2 Volkano Bluetooth-luidsprekers (R780 elk) van Dischem
- 5 geskenkbewyse (R200 elk), en 10 geskenkbewyse (R50 elk) van Wimpy
- 2 geskenkpakke (R400 elk) van Clippa Sales
- 10 geskenkbewyse (R50 elk) van Vida e caffè

KKNK Dramaweb SA is ’n nasionale aanlyn dramakompetisie. Dramaweb SA skep ’n platform waar leerders hul drama-talent kan uitleef en ontwikkel in die gemak van hul eie huis met kundige beoordelaars wat regstaan met advies om uiteindelik die uitvoerende kunste te bevorder.
Agtergrond
Dramaweb SA is in 2020 geloods tydens Suid-Afrika se eerste nasionale inperking. As drama-afrigter en stigter, was Ira Blanckenberg bekommerd en ontsteld dat dramakompetisies en eisteddfods vir skoolleerders deurgaans gekanselleer is a.g.v. die pandemie. Sy is deeglik bewus hoe belangrik hierdie dinge in elke dramaleerder se skooljaar is, die vreugde wat dit verskaf, en ook die geleentheid om te groei en te presteer. Sy en haar man, Waldi Schultz, het ingespring om ’n aanlyn kompetisie op die been te bring waar leerders steeds die geleentheid gegun kon word om kreatief te wees, hul talent te bevorder en om mee te ding.
2021 se kompetisie het op ’n hoogtepunt afgesluit met bykans 15 000 mense wat ingeskakel het om die nasionale finaal wat regstreeks gestroom is op Facebook, te kyk!
Hier is groot drama!
Jy kan met verskeie items deelneem in Afrikaans én Engels, enige plek in die wêreld.
Belangrike datums
15 Februarie 2022:
Elektroniese inskrywings open (video’s kan enige tyd ingehandig word, maar let op die sluitingsdatum)
15 Mei 2022:
Alle video’s moet ingedien wees
15 Mei 2022:
Inskrywings sluit
18 Junie 2022:
Regstreekse uitsending van die Afrikaanse finaal van alle graadgroepe. Mense kan wêreldwyd inskakel om te kyk. Prysuitdeling om 18:30.
19 Junie 2022:
Regstreekse aanlyn uitsending van die finale ronde van die Engelse finaliste, met die prysuitdeling om 18:30.
Afrikaans Afdeling
Graad RR tot graad 1
• Ongedramatiseerde gedig
• Gedramatiseerde gedig
• Mimiek
*Maksimum twee (2) minute
• Koorspraak – maksimum vyf (5) minute
Graad 2 tot 4
• Ongedramatiseerde gedig
• Gedramatiseerde gedig
• Prosa
• Voorbereide lees
• Mimiek
*Maksimum twee (2) minute
• Koorspraak – maksimum vyf (5) minute
Graad 5 tot 7
• Ongedramatiseerde gedig
• Gedramatiseerde gedig
• Prosa
• Gedramatiseerde prosa
• Monoloog
• Mimiek
*Maksimum drie (3) minute
• Koorspraak – maksimum vyf (5) minute
Graad 8 tot 10
• Ongedramatiseerde gedig
• Gedramatiseerde gedig
• Prosa
• Gedramatiseerde prosa
• Monoloog
• Mimiek
*Maksimum vyf (5) minute
• Koorspraak – maksimum vyf (5) minute
Graad 11 tot 12
• Gedig
• Gedramatiseerde gedig
• Prosa
• Gedramatiseerde prosa
• Monoloog
• Mimiek
*Maksimum vyf (5) minute
• Koorspraak – maksimum vyf (5) minute
English
Categories
Grade RR to 1
• Poetry
• Dramatised poetry
• Mime
*Maximum two (2) minutes
• Choral verse – maximum five (5) minutes
Grade 2 to 4
• Poetry
• Dramatised poetry
• Prepared reading
• Prose
• Mime
*Maximum two (2) minutes
• Choral verse – maximum five (5) minutes
Grade 5 to 7
• Poetry
• Dramatised poetry
• Prose
• Dramatised prose
• Monologue
• Mime
*Maximum three (3) minutes
• Choral verse – maximum five (5) minutes
Grade 8 to 10
• Poetry
• Dramatised poetry
• Prose
• Dramatised prose
• Monologue
• Mime
*Maximum five (5) minutes
• Choral verse – maximum five (5) minutes
Grade 11 to 12
• Poetry
• Dramatised poetry
• Prose
• Dramatised prose
• Monologue
• Mime
*Maximum five (5) minutes
• Choral verse – maximum five (5) minutes
Onthou:
Vir alle items kies die deelnemer sy/haar eie materiaal.

Inskrywings is gesluit.
Inskrywings het gesluit op 15 Mei 2022.
Vir inskrywings van skole en dramagroepe vir die spraakkoor-afdeling, laai asb. die inskrywingsvorm hier af.
Klik op die knoppie onder om jou video/s op te laai!
Enige navrae van administratiewe aard kan aan Dramaweb SA gerig word:
Telefoonnommer:
044 203 8600
E-pos:
info@dramawebsa.co.za
Vir advies en ondersteuning, kontak vir Ira Blanckenberg, eienaar van Dramaweb SA:
Telefoonnommer:
044 203 8600
E-pos:
ira@dramawebsa.co.za

Beoordelaars

Ira Blanckenberg behaal haar honneursgraad in drama aan die Universiteit Stellenbosch. As professionele teateraktrise vertolk sy rolle in onder meer Othello, Kat-en-muis-speletjies, Oom Anton by die See, Pa en Drif. Tydens die Woordfees in 2018 debuteer Blanckenberg met haar eenvrouvertoning, Haal Asem – waarvan sy die teks geskryf het, met regie deur Marí Borstlap. Dié produksie speel sedertdien vir volhuise by die Vrystaat Kunstefees, KKNK en Innibos. In 2017 en 2018 toer sy en haar man, Waldemar Schultz, met Die Heel Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte onder leiding van Juanita Swanepoel, waarvoor hulle ’n Woordtrofee-nominasie ontvang. In 2016 tree sy op as hulpregisseur van Kristalvlakte deur Amy Jephta, waarvan talle akteurs vir fees- en Fiëstatoekennings genomineer word. Onlangs regisseer Blanckenberg Mike van Graan se Two to Tango by die Grahamstown-kunstefees en die Hilton-kunstefees.
As televisie-aktrise word Blanckenberg onder meer onthou vir haar vertolkings in Egoli, Binnelanders en 7de Laan. Sy verskyn in Die Byl en Boland Moorde II, vertolk in 2018 die rol van Bernice in Suidooster en verskyn dieselfde jaar in Fynskrif. Gehore sien haar verder in die kortflims Vloeksteen, Toevlug en Sussie, en as Meliena Kapp in Toorbos, die Suid-Afrikaanse film wat gekies is as inskrywing vir die 2021-Oscars. Sy speel in Jozua Malherbe se Griekwastad teenoor Arnold Vosloo, en staan in 2018 en 2019 as dialoog-afrigter op die stel van Suidooster in.
Blanckenberg is ’n gesoute eisteddfodbeoordelaar en is reeds 10 jaar as nasionale beoordelaar by die ATKV-Tienertoneelkompetisie betrokke. Aan die stuur van haar eie dramaskool, Stageright Drama, rig sy reeds 10 jaar leerders van graad 1 tot 12 in toneelspel en dramategnieke af. Hier berei sy leerders ook vir eisteddfods en dramakompetisies voor, rig sy produksies af en behartig sy regie.
Blanckenberg is ’n gesoute eisteddfodbeoordelaar en is reeds tien jaar as nasionale beoordelaar by die ATKV-Tienertoneelkompetisie betrokke. Aan die stuur van haar eie dramaskool, Stageright Drama, rig sy al tien jaar leerders van graad 1 tot graad 12 in toneelspel en dramategnieke af. Hier berei sy leerders ook voor vir eisteddfods en dramakompetisies, rig sy produksies af en behartig sy regie.

Marvin-Lee Beukes is op die Noord-Kaapse dorpie Loeriesfontein gebore en bring sy vormingsjare in Namakwaland deur. Sy gesin verhuis van Loeriesfontein na Vredendal, waar hulle ses jaar woon voordat hulle na die Paarl verhuis. Hier voltooi Beukes sy hoërskoolloopbaan aan die Paarl Gimnasium.
Beukes studeer Drama aan die Universiteit Stellenbosch en begin in 2009 sy televisieloopbaan met die rol van verpleër Lorenzo de Luca in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders. Hierna verruil hy Johannesburg se wolkekrabbers vir sy geliefde Kaap en speel in reekse soos League of Glory; Vloeksteen; Boland Moorde I & II en Swartwater. Hy werk ook vir twee seisoene aan die nuwe Britse reeks Jamilla and Alladin.
As akteur geniet Beukes radioteater en lees gereeld kortverhale vir RSG. Onlangse films waarin hy te sien is, sluit in: Fluit-fluit; die kortfilm Kleingeld vir kykNET se Silwerskermfees; Father; Submarine vir die Discovery-kanaal, Uitvlucht, en Griekwastad. Plaaslike kykers onthou hom as sersant Juan Stuurman in die gewilde reekse Die Byl I & II.
Beukes is ook op die planke te sien in teaterstukke soos Fiela se Kind, onder leiding van Juanita Swanepoel en Waldemar Schultz, en die bekroonde Kristalvlakte, met regie deur Marí Borstlap en Ira Blanckenberg. Sy jongste teaterwerk is die bekroonde Newfoundland/Buite Land, met regie deur Neil Coppen.
As kranige skrywer vorm hy deel van die Binnelanders-teksspan.

Maulise Kotzé behaal in 1992 haar honneursgraad in drama aan die Universiteit Stellenbosch (US) waarna sy van 1993-1997 in toneelspel, spraak en fisiese teater doseer.
Sy speel die hoofrol in verskeie kinderteaterproduksies vir Arena Teaterproduksies en daarna vir YAP Productions en toer landswyd hiermee. As vryskutaktrise doen sy oorklanking vir die destydse SAUK en vertolk sy stories van Eugene Marais in Dwaalstories by die KKNK en Aardklop Kunstefeeste. In 2000 speel sy in Regina Malan se eenvrouvertoning, Deborah de Waal en die babablues, wat die toptien-produksies by die Aardklop Kunstefees haal en benoem word vir twee Vita-teatertoekennings (vir beste vertoning en beste optrede in ’n komedie onderskeidelik).
Sy speel ook in Die Keiser deur Bartho Smit, en Breek deur Barrie Hough, albei produksies wat opgevoer word as voorgeskrewe werke vir matriekleerders. Kotzé se hartstog vir die afrigting van kinders en tieners kry reeds vroeg in haar loopbaan uitdrukking en dit word haar hooffokus. By haar dramaskool, Axios Drama, rig sy vanaf 1998 leerders van grade 1 tot 12 in toneelspel en verhoogtegnieke af.
Sy behartig die regie van produksies en berei leerders voor vir toneelspelkompetisies. Twee van haar leerders het met hul deelname aan Kyknet se nasionale toneelspelkompetisie rolle in die kykNET-sepie Suidooster losgeslaan (in 2017 en 2021).
Kotzé is ’n ervare beoordelaar wat vroeg in haar loopbaan die nasionale ATKV-Tienertoneelkompetisie (2000-2002) beoordeel. Sy is ’n eksaminator vir die WKOD wat vanaf 2009 op die paneel dien wat die Wes-Kaapse matrikulante in die vak dramatiese kunste eksamineer. Daarby is sy ’n ervare eisteddfodbeoordelaar met 21 jaar se ondervinding by verskeie eisteddfods soos die Tygerberg, Stellenbosch en Helderberg eisteddfods. Kotzé dien gedurende 2020 en 2021 op die Kannapaneel, onder meer, wat jong, opkomende kunstenaars by die hoofkunstefeeste identifiseer en bekroon.
Kotzé gee vanaf 2018 klas by die Opvoedkunde-fakulteit aan die US, waar sy voorgraadse studente in dans en drama, en nagraadse studente in drama-onderrig, oplei.

Waldemar Schultz behaal in 1996 sy meestersgraad in drama aan die Universiteit Stellenbosch (US), waar hy van 1992 tot 1994 in toneelspel doseer. Hy gee steeds ad hoc by die US klas, mees onlangs in kameraspel vir finalejaarstudente, en rig by Stageright Dramaskool af.
As student ontvang Schultz die Fleur du Cap-toekenning vir belowendste student, ’n toekenning waarvoor hy drie keer genomineer is. Verder word hy toegeken met die US Dramadepartement se gesogte dux-studentprys vir die hoogste standaard van praktiese werk volgehou oor vier jaar se studies.
Hy begin as student reeds vryskutwerk in oorklanking en radio vir die SABC doen en behartig later ook oorklankingsregie. Tussen 1991 en 2001 vertolk Schultz verskeie teaterrolle en tree hy as regisseur en skrywer van verskeie teaterprojekte op.
Sy eerste televisierol was as Klein-Geoff in die 1994 reeks, Woestynblom, gevolg deur die 1995 rol van joernalis Paul Kruger in die CCV-jeugdrama, Young Vision. In 2000 verhuis hy na Gauteng, waar sy rol as Jan-Hendrik in 7de Laan hom vir nege jaar voltyds besig hou.
Sedert sy terugkeer na die Kaap in 2008 is Schultz betrokke by verskeie teaterstukke, sowel as stem-, advertensie-, film- en televisiewerk, waaronder internasionale filmproduksies soos Black Butterflies, The Kissing Booth, Game Changer, Cold Harbour, Life’s a Beach en The Last Resort. Hy maak ook sy verskyning in plaaslike films soos Snaaks Genoeg, Lenteblom, Felix, en Modder en Bloed.
Hy vertolk televisierolle in internasionale reekse soos Infested 2!, Dominion, Hooten and the Lady, Troy: Fall of a City, Silence Is Deadly en die opkomende The Cars That Built the World. Plaaslik sien gehore hom in verskeie TV-reekse: Stokvel, Vloeksteen, Oupa en Ouma, Treknet, Die Boland Moorde I & II, Fynskrif, Suidooster, Proesstraat I, II & IV en Die Byl I & II. Schultz word as akteur van die jaar deur die Huisgenoot Tempo-toekennings vereer vir sy spel in Die Byl I.
As beoordelaar het hy jare se ondervinding met betrokkenheid by verskeie kunswedstryde en jeugteater-kompetisies, waaronder ATKV-Tienertoneel, Fraserburg Logan Toneelfees, Hoërskool Durbanville-Tienertoneel en die Klein Libertas Toneelfees.

René Cloete is tans ’n vryskutakteur en stemkunstenaar wat in 2020 aan die Universiteit Stellenbosch se dramadepartement afgestudeer het.
Deelnames aan verhoogproduksies by feeste soos die Toyota US Woordfees, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die Vrystaat-kunstefees en die Suidoosterfees sedert 2017, is bewyse dat haar uitdrukking en belangstelling in teater en die kunste diep binne haar geanker is vir solank as wat sy kan onthou.
Haar voornemens is altyd om te leer en te groei binne elke kreatiewe spasie wat sy beset, wat sy meen vir haar die grootste vorm van vervulling as ’n kunstenaar bring.