Die Naaimasjien
Dit is bederf uit die boonste rakke: ’n bekroonde toneelstuk wat jy in jou eie huis kan geniet!
Die ikoniese eenvroustuk Die Naaimasjien deur Rachelle Greeff is spesiaal vir die KKNK verfilm, en is die eerste vertoning wat kultuurdiere aanlyn kan geniet as deel van die KKNK se program vir 2021 in sy virtuele teater by kknk.co.za.
Ná honderde opvoerings dwarsoor die land oor bykans drie jaar, en ’n onvergeetlike speelvak by die Edinburgh-fees in Skotland, kry Die Naaimasjien ’n tweede lewe in jou sitkamer. As jy nog nie die karakter Magdaleen ken nie, moet jy nou jou kaartjies koop.
Kaartjies is te koop by Quicket, jy sal ’n skakel van Quicket ontvang sodra jou transaksie beklink is. Sit terug in die gerief van jou eie huis, en kyk saam!
Kaartjies kos R150 elk. As jy ’n lid is van die Kliek-klub of die ATKV, kry jy 10% afslag. Jy sal ’n spesiale kode ontvang wat jy kan gebruik wanneer jy vir jou kaartjies betaal. Die opname is beskikbaar van 26 Mei om 18:00 tot 27 Junie om middernag.