Zolani Mahola – Rok en Rol

zolani-mahola

 

DEBUUT Kontemporêre Musiek

Met Zolani Mahola, Schalk Joubert (baskitaar), Albert Frost (kitaar) en Kevin Gibson (dromme) Regie: Schalk Joubert Vervaardiger: Schalk Joubert

Rok en rol is ’n musiekproduksie wat die rol van vrouwees in die wêreld van rock & roll beskryf en vereer. Fantastiese internasionale ikone soos Janis Joplin, Nina Simone, Tina Turner, Cyndi Lauper en plaaslike vroue soos Miriam Makeba, Brenda Fassie, Claire Johnston en Lesley Rae Dowling word gehuldig. Mahola is een van Suid-Afrika se mees geliefde en suksesvolle vroulike sterre in die musiekwêreld. ’n Span wêreldklas-musikante pak hierdie inspirerende en roerende kragtoer aan om die storie te vertel van hoe vroue hul merk in hierdie bedryf gemaak het wat aanvanklik deur mans oorheers is. Mahola se diverse sangtalent en aansteeklike verhoogpersoonlikheid sal geen luisteraar onaangeraak laat nie.

Afrikaans en Engels • Gesin | R140 | 70 min. | Absa Burgersentrum

12 April 19:00 | 13 April 10:00

Klik hier om kaartjies te koop.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?