Die Windpomp Restaurant Teater

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-bladsy-header

Die Windpomp Restaurant Teater kombineer topgehalte kos en kuns by die KKNK in die CJV-saal in Kerkstraat.

Die Windpomp Restaurant Teater gaan omtrent kook by die KKNK 2017!

Kom geniet heerlike Karoo-etes, terwyl van Suid-Afrika se voorste kunstenaars optree. Die Windpomp Restaurant Teater poog nie om ’n gourmet-ervaring aan te bied nie, maar eerder lekker feeskos en klassieke boerekos met hart, gemaak met gehalte-produkte en baie liefde, sodat almal lekker kan eet en kuier.

Kom Kuier Saam!

Voor elke vertoning word ’n heerlike Karoo-ete bedien. Die luukse ontbyt bestaan uit onder meer heerlike vars brode, tuisgemaakte konfyte, quiche, en natuurlik die beste koffie by die fees. Middagetes en aandetes word deur die Karoo geïnspireer, met geregte soos lampastei, geroosterde groente en vars brode.

Op die Karoo Werf, by Die Windpomp Restaurant Teater, word kos en drinkgoed die hele dag bedien – jy hoef dus nie ’n vertoning by te woon om daar te eet en kuier nie. Ontbyt word vanaf 08:00 bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar. Kaartjies na vertonings sluit nie etes in nie.

Oor sjef Mynhardt Joubert

Mynhardt was self ’n uitvoerende kunstenaar totdat sy lewenspad hom gelei het na die kulinêre wêreld, toe hy twaalf jaar gelede begin werk het in ’n wynkroeg in De Waterkant. Sedertdien het hy verskeie restaurante bestuur, ’n restaurant in Riebeek Kasteel oopgemaak saam met Anton Espost en sy vrou Cecile, die eerste seisoen van kykNET se Kokkedoor-kookkompetisie gewen (en daarmee saam ’n kookboek uitgegee) en ook vir drie jaar opgetree as verteenwoordiger vir KWV. Mynhardt glo vas dat goeie, eenvoudige wyn en kos altyd die beste resultate lewer.

Die Windpomp Restaurant Teater se spyskaart

Vir besprekings kontak Ian by 082 301 6152, of stuur ’n e-pos na [email protected]

ONTBYT
werfkos
SLAAI
VOORGEREGTE
HOOFGEREGTE

Kom geniet heerlike Karoo-Kos en ’n lekker atmosfeer by die Windpomp Restaurant Teater.

Geniet dié top kunstenaars se musiek in die Karoo

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Adam-Tas

ADAM TAS

PATATAS EN PYPTABAK

Afrikaans | Gesin | R130 | 70 min.

8 April 21:00 | 9 April 14:00 | 10 April 10:00 | 11 April 21:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Amanda+Coenraad

AMANDA STRYDOM

SO ONNER DEUR DIE MAAN

Afrikaans, Frans en Engels | Gesin | R130 | 70 min.

11 April 21:00 | 12 April 21:00 | 13 April 14:00 | 14 April 14:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Grethe-vd-Merwe

GRETHE VAN DER MERWE

ALLEGORIE

Afrikaans | Gesin | R100 | 60 min.

8 April 10:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Jak-de-Priester

JAK DE PRIESTER

15 JAAR MET KLAVIER EN KITAAR

Afrikaans | Gesin | R120 | 90 min. |

7 April 21:00 | 8 April 14:00 | 9 April 17:00 & 21:00 | 10 April 14:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Danie-Niehaus+Pietman-Geldenhuys

DANIE NIEHAUS EN PIETMAN GELDENHUYS

DIE DING VAN ’N LIEDJIE

Afrikaans en Engels | Gesin | R120 | 70 min. |

9 April 10:00 | 10 April 21:00 | 11 April 14:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Steffie-le-Roux

STEFFIE EN LES JAVAN

STEFFIE LE ROUX EN LES JAVAN

Afrikaans | Gesin | R120 | 70 min.

12 April 10:00 | 13 April 21:00 | 14 April 10:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Mathys-Roets

MATHYS ROETS

21 JAAR IN DIE MUSIEKBEDRYF

Afrikaans en Engels | Gesin | R120 | 60 min.

12 April 14:00 | 13 April 09:00 | 14 April 21:00 | 15 April 14:00

KKNK-2017-web-page-Die-Windpomp-Coenie

COENIE DE VILLIERS

DIE WINDPOMP RESTAURANT TEATER

Afrikaans | Gesin | R130 | 60 min.

15 April 20:00

KKNK-2017-web-Die-Windpomp-Mynhardt

MYNHARDT JOUBERT

WENNER VAN KYKNET KOKKEDOOR SEISOEN EEN

Sjef Mynhardt Joubert is daagliks by Die Windpomp Restaurant Teater.

Borge

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?