WIE’S JOU PAPPA?

KKNK-2018-web-images-TONEEL-1000x500-Wies-jou-pappa POST

Komedie

Met Hannes Brümmer Regie: Neels Clasen Vervaardiger: GZ Produksies

Met die getrippel van klein voetjies kom reuse-skoene om te vul. In sy tweede volwaardige skerpskertsvertoning ondersoek die komediant en akteur Hannes Brümmer die impak van ouerskap op ’n voormalige punk in plakkies, wat nou ’n tuisbly-pappa in pantoffels is. Met ’n siniese blik en sy tong ferm in die kies, word daar nie doekies omgedraai oor die vrese, vreugdes en verantwoordelikhede van pa-wees nie. Die aanvang van ’n nuwe lewe bring ’n magdom onbekende reuke en klankies, maar uiteindelik ’n liefde soos geen ander nie. Die hele proses van die bytjies en die blommetjies, die las van slaap-ontneming en kompetisie met ander ouers tot en met die eerste tekens van emosionele manipulasie word aangepak met Brümmer se kenmerkende energieke, fisieke, blitsige lewering van skaterlag-staaltjies, waarnemings en mites rondom ouerskap. ’n Treffer by Aardklop in 2017.

Afrikaans • Geen o/14 OB T | R125 (R140 by die deur) | 60 min. | Die Parlement

29 Maart 13:00; 30 Maart 18:00; 31 Maart 10:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?