Wie is Leah?

Leah

Leah, wie 28 Maart by KKNK 2016 te sien sal wees, is gebore en getoë in Bellville, Kaapstad se noordelike voorstede.

“Ek gaan stroom-op,” vertel Leah van Niekerk. “Ek wil hê my musiek moet mense wys Afrikaanse musiek het meer om te bied as wat hulle verwag. My klank is totaal bekend en gemaklik, maar daar is ook die subtiele nuanses wat die evolusie van musiek aanvoer wat ek baie lief het.”

Sy is nie net toegerus met ’n 14-snit debuut wat vroeg in 2015 die lig gesien het nie – Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ’n BCom (Regte) agter haar naam, opleiding aan die Waterfront Teaterskool ontvang en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse. “Musiek is in my bloed,” voeg sy by. “Albei my ouers ondersteun my geweldig. My ma was nog altyd ’n voorstander daarvan dat ek eties and eerlik is in alles wat ek doen, wat dalk vreemd mag klink – maar dit is eienskappe waaraan ek hard werk en orals toepas.”

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussenin, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk. Sy is in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie raakgesien, wat sy ook gewen het. Kort daarna het die vermaarde liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande met ’n opnamekontrak te verseker.

Terwyl sy gewerk het aan haar langverwagte solo-debuutalbum, is die sangeres, wat in haar twintigs is en onlangs getroud is, ook genooi om in die hoogs-aangeskrewe silwerskermsukses, As Jy Sing te sing en toneel te speel. “Dit was ’n ongelooflike ervaring. Soveel so dat ek elke oomblik geniet het en dit met liefde weer sal doen,” deel sy mee.

Snitte soos Ek Moes Jou Gesoen Het, met Bobby van Jaarsveld as gaskunstenaar, getuig van Leah se vernuf, van begin tot einde. “Ek wil net optree en musiek maak,” gee sy toe. “Toe ek grootgeword het was Laurika Rauch and Karen Wessels se, Hoe Durf Jy, name en liedjies wat so by my aanklank gevind het dat ek hulle en alles waarvoor hulle en hul musiek staan, navolg. Maar hierdie keer lewer ek dit op my eie terme.”

Sy is popmusiek se mezzo-soprano, behendig en tersiêr opgelei – Leah is alles behalwe ’n oornagsukses of ’n verskietende ster. Wat sy is, is 100% oorspronklik, dapper en krities oor musiek, wat vir vele ander week in en week uit deug as agtergrond vir partytjies.

Klik hier om jou kaartjies te koop!

Kyk ook dié video: https://www.facebook.com/LeahMusiekSA/videos/1126300610726221/

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?