WEG! kuier by die KKNK 2016

W_KKNK_Ad_Final-1000x500px

Die tydskrif WEG! bied vanjaar verskeie avonture by die KKNK aan. Kom verken die Klein Karoo se kronkels en toets jou voertuig se vier tekkies saam met hulle.

Die Swartbergkronkels-uitstappie vir 4×2-voertuie begin 26 Maart om 08:30 en vertrek vanaf die Bella de Karoo-padstal. Reis al langs die suidelike hange van die Swartberg, Calitzdorp is die afskoppunt. Die 4×4-voertuie met ’n laestrek kan dié Karoo-klimuitstappie aandurf. Die tweespoorpaadjieroete is in die Minwater-ekoreservaat.

Die Swartbergkronkels-uitstappie vind plaas op 26 Maart en die Karoo-klimuitstappie op 28 Maart beide om 08:30 vm. tot 15:00 nm. Kostes beloop R250 p.p. en sluit ’n piekniekmiddagete en gebottelde water in.

Die fikse feesganger, wat die gedruis effe wil agterlaat kan kom bergfiets trap. Bring jou bergfiets, valhelm, fietsryklere en waterbottel saam. Dryland Ride, organiseer die tussen 20 km en 30 km saam in die Chandelier-wildreservaat net buite Oudshoorn. Koste beloop R250 p.p. en ’n versnappering en drankie is ingesluit. Hou die datums oop indien jy belangstel; 25 to 28 Maart om 07:00 vm. tot 09:30 vm.

Is jy ingeteken op WEG!? Indien nie, kom teken dadelik in en gesels by die 22ste KKNK met WEG! se redakteurs. Daar kan jy dan op WEG! inteken of jou bestaande intekening hernu. Digitale intekening is ook beskikbaar. Moenie op die WEG!-avonture uitmis nie. ‘Weg se winkel’ is ook by die fees en daar sal hulle bekostigbare buitelugprodukte aanbied.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?