Wees altyd eerste met die KKNK se Kliek Klub

kknk-kliek

As jy ’n KKNK-liefhebber is, moet jy seker maak dat jy ’n lid van die Kliek Klub is. Die doel van dié klub is om lede altyd eerste te stel. Vir ledegeld van slegs R250 per jaar, ontvang lede opwindende voordele om ’n sorgvrye en gerieflike fees te verseker.

Lede, oftewel Kliekers, kan vanaf Maandag, 10 Oktober vir twee weke eksklusief verblyf deur die KKNK se verblyfkantoor bespreek. Kliekers ontvang die feesprogram voordat dit bekendgestel word, om feesbeplanning te vergemaklik en kan vir ’n maand eksklusief kaartjies deur Computicket koop. Sodoende kan lede seker maak hulle sit op hulle gunsteling-sitplek in ál die venues.

’n Eksklusiewe parkeerterrein naby die feeskern is tydens die fees vir Kliekers beskikbaar en lede ontvang gratis ritte op die pendeldiens, om hulle op Oudtshoorn te vervoer. Kliekers ontvang die KKNK se glanstydskrif gratis en word op hoogte gehou van feesnuus, programveranderings en ander interessanthede.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Sluit vandag aan en geniet BBP-behandeling by die KKNK. Om aan te sluit, of jou lidmaatskap te hernu, klik hier vir meer inligting en die aansoekvorm, of kontak Daleen Witbooi by 044 203 8600 of [email protected]. Ons sien daarna uit om jou by die Kliek Klub te verwelkom.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?