Weerklink van ’n wanklank – ’n eenman memoir

weerklink

Drama

Met Pieter-Dirk Uys Teks, regie en vertaling: Pieter-Dirk Uys Oorspronklike werk: The Echo of a Noise Vervaardiger: Evita se Perron

Na meer as 7 000 solo-optredes regoor die wêreld, het Pieter-Dirk Uys geleer dat elke optrede die eerste én laaste is, want elke gehoor vereis en ontvang ’n ander energie, aktualiteit en opwinding. Nou in sy 70ste jaar, kyk Uys nie terug na die suksesse of mislukkings wat hom deurlopend tot die verbetering van sy werk gelei het nie, maar na die padwysers wat hom onbewustelik deur sy lewe in die regte en ’n oorspronklike rigting gestuur het. Sy pa, Hannes Uys, en sy ma, Helga Bassel. Sy oumas, onderwysers en sy passies. Sophia Loren, sensorskap, vals wimpers en om ’n geraas te maak, toe almal op stilte aangedring het. Oorspronklik opgevoer in Engels as The Echo of a Noise.

Afrikaans • Gesin | R130 | 90 min. | Die Parlement

11 April 20:00 | 12 April 11:00 | 14 April 14:00  

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?