Vuurdans

resize-12

Kunstenaars: Alta Botha, Caro Fine, Carol Sachs, Denise Woodgate, Donne Rundle, Elfriede Dreyer, Ingrid Coerlin, Janet Holding, Mariétta van Rooyen, Mary-Jane Morris, Mieke Machiels, Rosa Snyman Wessels en Terry Zoeller Medium: Verskeie Organisasie: CAP-kunsgroep Kurator: Elfriede Dreyer

Vuurdans fokus op die vernietigende brand wat van 7 tot 12 Junie verlede jaar op die Tuinroete gewoed het en wat veral Knysna getref het. Sowat 1 000 geboue, huise en informele wonings is vernietig en mense is dood. Dit was die grootste vuurramp wat die omgewing sedert 1869 getref het, en dit het onmeetlike pyn en verlies veroorsaak en ’n landskap van verwoesting agtergelaat. Dié brande moet ook binne die groter perspektief van aardverwarming en vuur-ekologie gesien word: In sekere ekosisteme is vuur ’n sistemiese proses wat ’n noodsaaklike bydrae lewer tot habitathernuwing, soos met die Kaapse fynbos wat vuur nodig het om te ontkiem, te vestig en te reproduseer. Die deelnemende kunstenaars van die Contemporary Art Practice-groep (CAP), ’n groep kunstenaars uit die Tuinroete-omgewing, het almal die brand op ’n regstreekse of onregstreekse manier ervaar: Deur wonings wat verwoes is; óf die angs van dreigende verwoesting en ontruiming; óf die trauma van vriende en familie wat getref is en verliese gely het. Die werke gee uiting aan hierdie emosies, en fokus ook op die siklus van lewe en dood in die natuur en in mense se lewens.

Gratis | 480 min. | Prince Vintcent-gebou

Daagliks 09:00 tot 17:00 (2 en 4 April 10:00 tot 17:00)

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?