Voël innie hand

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-voel-in-die-hand

Klug

Met Pierre van Pletzen Teks en regie: Pierre van Pletzen Verhoogbestuurder: Sandra Vaughn Vervaardiger: Pierre van Pletzen Produksies

Pierre van Pletzen in sy eerste solo-opvoering. ’n Geoliede ou akteur loop op die verhoog en begin met die openingstoneel van ’n klug wat hy en ander akteurs opvoer. Dinge gaan goed tot hy skielik besef hy is alleen, daar is nie ander spelers nie. Hy besluit dat hy steeds die vertoning gaan doen – op sy eie. Aanvanklik hanteer hy alles goed, maar soos die snaakse situasies van die oorspronklike toneelstuk en die spanning om alles alleen te doen op hom inwerk, begin hy al hoe meer drink. Hy kry selfs ’n bottel Handy Andy beet. Na ’n ruk kom hy in sy beneweldheid alles en almal by met kwinkslae wat hy wyd en syd uit sy beskonke brein opdiep. Reis saam met Pierre van Pletzen op ’n wipplankrit wat snaaks begin en snaaks eindig.

Afrikaans • Geen o/16 | T  |R125 | 60 min. | Laerskool Van Reedesaal

8 April 20:00 | 9 April 20:00 | 10 April 17:00 | 11 April 17:00 | 12 April 15:00 | 13 April 09:00 | 14 April 09:00 | 15 April 09:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?