Visuele Kunste: Krap waar dit jeuk

KUNS

Die KKNK se nuwe visuele kunskurator, Lucia Boer, omskep die Prince Vintcent-gebou in ’n ruimte waar daar iets vir ’n ieder en elk is om uit te kies en keur onder die tema “Krap waar dit jeuk”.

Sentraal tot dié tema en uitstallings is ons feeskunstenaar, Johannes Maswanganyi, en sy seun, Collen Maswanganyi. Hulle bring hul besondere houtbeeldhouwerke na die fees. Die uitstallings fokus op drukwerk en veelvuldige kunswerke wat werk van verskeie gevestigde en opkomende kunstenaars insluit.

Die aanbod is vir ernstige kunsversamelaars, sowel as intree-kopers. Daar is ook ’n paar verrassings met projekte soos die gemeenskapsfotoprojek I Was Shot, en drukwerkwerkswinkels.

Feesgangers kan verskeie interessante installasies verwag. Groepuitstallings wat ingesluit word, is van onder meer die Artist Proof Studio, die Walter Battiss Company, The Age of Innocence, Vuurdans, Dead Bunny Society, Open Dialogues, Kreatif Fine Art en Creative Block. Maak ook ’n draai by Absa se funksionele kunswerke wat in verskeie plekke op Oudtshoorn te sien is.

Die uitstallings vind daagliks plaas in die Prince Vintcent-gebou en is gratis.

Maak seker jy kry jou kaartjies vir die eksklusiewe vertonings van Ingrid Winterbach se Ons is almal freaks hier, wat spesifiek in die ruimte tussen die kunsuitstallings in die Prince Vintcent-gebou gesien kan word. Klik hier om meer te lees oor die produksie.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?