VERBLYF

KKNK-2018-web-Verblyf-bladsy-header

Die KKNK se verblyfkantoor bied verskillende opsies aan feesgangers. Bespreek jou verblyf vir die 24ste KKNK, wat van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April 2018 op Oudtshoorn aangebied word.

Die feesdatums val binne die nasionale skoolvakansie en sluit Paasnaweek volledig in. Ons besprekingsbeamptes is gereed om jou te help en die beste sakpas verblyf te bespreek.

Verskillende waarde-vir-geld opsies is beskikbaar, waaronder:

KKNK-2018-web-Verblyf-bladsy-Verblyf-Opsies-pic01 (1)

Verblyfopsies sluit in:

Kampering

Meestal op rugbyvelde van skole. Deelbadkamers. Die grootte van die staanplek en beskikbaarheid van kragpunte word aangedui.

Privaatkamer

’n Kamer binne ’n huis. Badkamers word gedeel, en suite badkamers beskikbaar waar aangedui.

Volle huise

’n Volle huis te huur, waar die eienaar nie teenwoordig is nie, of in ’n woonstel op die perseel bly.

Koshuise

Koshuiskamers sonder beddegoed. Deelbadkamers beskikbaar.

Buitekamers

’n Kamer met eie badkamer en privaat ingang, nie selfsorg nie, d.w.s. geen kombuisgeriewe.

Woonstelle

Selfsorgeenhede, waar eienaar nie teenwoordig is nie.

Hotel

Verblyf in die Oudtshoorn Inn Hotel and Conference Centre is beskikbaar. Enkelkamers, dubbelkamers of kamers vir vier persone wat deel. Bed en ontbyt.

kknk-2017-verblyf-bladsy-verblyf-opsies-v1-500x400px
kknk-2017-verblyf-bladsy-bespreek-so-500x400px

Bespreek só:

Telefonies

Bel +27 (0) 44 203 8600, vra vir verblyf en gee jou datums, aantal persone en verblyfbehoeftes.

E-pos

Stuur ’n e-pos met jou datums, aantal persone en verblyfbehoeftes na [email protected].

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?