Loading Events

← Back to Events

N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum

Upcoming Events

April 2017

Dagboek van ’n wurm deur Martyn le Roux

April 8 @ 12:00 pm - 13:15 pm

Hoorbeeld Met Lelia Etsebeth, Kaz McFadden, Paul Lückhoff, Elma Potgieter, David Louw, David James en Jacques Botes Cassie Viljoen is ’n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo haar omstandighede uit te styg. Nie almal in haar familie ondersteun haar nie en sy het ook ’n ewige stryd om die buurt se skollie van haar lyf af weg te hou. Gratis | 75 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 8 April 12:00

Find out more »

Vergifnis deur Charles J. Fourie

April 8 @ 14:00 pm - 15:00 pm

Hoorbeeld Met Amor Tredoux, Jarrid Geduld, Charl van Heyningen, Roelien Daneel, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius en Leandé Valentyn Muriel, ’n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. ’n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer ’n nag in die tronk en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is dié eksentrieke vrou en hoekom…

Find out more »

Littekens deur Karien Polley

April 8 @ 16:00 pm - 17:40 pm

Hoorbeeld Met Joanie Combrink, Leon Kruger, Ronél Geldenhuys, Amor Tredoux, De Klerk Oelofse en Cintaine Schutte Langs Coetzenburg het nie net ’n waterstroom gevloei nie, maar #SteveBiko is tragies dood in ’76 en die #lawstudente en #dramastudente het #gerebel. Van hulle het onder #StilleWaters die #Duiwels laat ronddraai. ’n Storie van #spioene vir én teen #veiligheidspolisie wat bedrywig was en #liefde omgeskakel het in #verraad en #verwyt. Gratis | 100 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 8 April 16:00

Find out more »

Die tikmasien deur Pirow Bekker

April 9 @ 12:00 pm - 13:05 pm

Hoorbeeld Met Robbie Wessels, Donovan Pietersen, Christine Voorendyk, Francois Stemmet, Anton Dekker en Antowan Nothling Met sy jongste radioteater probeer Pirow Bekker ’n verband lê tussen die tikmasjien en die waterboormasjien. Albei soek na water - die boormasjien regstreeks, die tikmasjien onregstreeks met die skep van lewe deur die woord. Water is immers lewe. Die liefde speel ’n prominente rol, veral die ontluikende liefde tussen twee jongmense. Maar die liefdesdraad kan ook verknoop raak en die boor- en tikmasjiene in…

Find out more »

Genade deur Marita van der Vyver

April 9 @ 14:00 pm - 15:05 pm

Hoorbeeld Met June van Merch, Charlton George en Marvin-Lee Beukes Kas Stuurman is ’n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is ’n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hul seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang. Tweede prys in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie in 2015. Gratis | 65 min. | N.A.…

Find out more »

Dag van die reuse deur Pieter Pieterse

April 9 @ 16:00 pm - 17:15 pm

Hoorbeeld Met Merlin Balie en Ansu Visser Vir die radio verwerk deur André Kotze. Dit handel oor ’n ontmoeting tussen ’n 19-jarige Portugese tienerseun wat hom midde-in die burgeroorlog in Mosambiek bevind. Hy is met ’n verlamde voet gebore en kan dus nie in die oorlog veg nie. Dan kom soek ’n wit meisie wat ’n busramp daar naby oorleef het, kos in sy pa se huis in die oorlogsgebied. ’n Onwaarskynlike vriendskap ontstaan. Gratis | 75 min. | N.A.…

Find out more »

Ragel deur Fanie Viljoen

April 10 @ 12:00 pm - 12:50 pm

Hoorbeeld Met Cobus Venter, Karen Wessels, Isadora Verwey en Jacques Botes Luan Loots hou daarvan om ander mense se weggooigoed by pandjieswinkels te koop. Hy beplan om alles te verkoop wanneer hy aftree, om vir hom en sy vrou te sorg vir hulle oudag. Dan kom hy op iets af wat hy dalk liewers op die winkelrak moes gelos het, want vandat hierdie ding in sy huis staan, gebeur daar vreemde goed - soms sommer helder oordag. ’n Regte, egte…

Find out more »

Nag van die wyses deur Zenobia Kock

April 10 @ 14:00 pm - 15:00 pm

Hoorbeeld Met Juanita Swanepoel, Johann Nel, Pierre Nelson, Kim Heyns, Chris Majiedt, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Sizwe Msutu ’n Wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome van Asperger se sindroom toon) beloer die wêreld van ’n afstand. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dis ’n soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings. Derde prys in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie in 2015. Gratis | 60 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 10 April 14:00

Find out more »

Twaalfde nag deur William Shakespeare

April 10 @ 16:00 pm - 17:15 pm

Hoorbeeld Met Duncan Johnson, Eloise Cupido, Mari Molefe van Heerden, Denver Vraagom, Simon Bruinders, Esmeralda Bihl, Johny Klein en Bradley Olivier Vertaling: Uys Krige in 1964 Die hooftema is tydloos: Romantiese liefde met al die vreugde, humor, pyn en verwarring wat dit kenmerk. Die eerste reël het reeds wêreldwyd beroemd geword met Hertog Orsino wat uitroep: “If music be the food of love, play on: give me excess of it” of soos Uys Krige dit vertaal het: “As dan musiek…

Find out more »

As ons twee eers getroud is deur Gerhard J. Beukes

April 11 @ 14:00 pm - 15:00 pm

Hoorbeeld Met Trix Pienaar, Johan van Jaarsveld, Jan Ellis en Kitty Albertyn Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie ’n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud, of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin”, bestaande uit ’n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang, in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud?…

Find out more »

Siembamba deur Marion Erskine

April 11 @ 16:00 pm - 17:00 pm

Hoorbeeld Met Pearl Martin, Gretha Brazelle, André Stolz, Eloise Cupido en Duncan Johnson Elri is Bertus en Rentia se enigste kind en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen, maar dit gaan nie goed tussen Bertus en Rentia nie en vir Rentia is dit moeilik om te aanvaar dat hulle huwelik op die rotse is. Gratis | 60 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 11 April 16:00

Find out more »

Regstreekse uitsending van RSG Kuns

April 11 @ 20:00 pm - 21:00 pm

Onder leiding van: Christelle Webb-Joubert, Johan van Lill en Kobus Burger Gratis | 60 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 11 April 20:00

Find out more »

Regstreekse uitsending van Vers en klank

April 11 @ 21:10 pm - 22:00 pm

Onder leiding van: Johan Rademan (Poësie en musiek) Gratis | 50 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 11 April 21:10

Find out more »

Reisiger na Kimberley deur Dolf van Niekerk

April 12 @ 12:00 pm - 13:00 pm

Hoorbeeld Met Stian Bam, Roeline Daneel, Deon Lotz, Ivan Abrahams en Nic de Jager Karen is ’n aktrise en geniet die wêreld van voetligte en applous. Haar man, Johan, bevind hom in die sfeer van die landbou en die wetenskap. Totdat hulle besef dat hulle huwelik nie meer is wat dit was nie. In die middel is hulle talentvolle veertienjarige dogter, Annelie. Hoe moet sy sin maak van die skielike nuus dat haar ouers se paadjies gaan skei? Intussen word…

Find out more »

Die wittebrood deur Riana Scheepers

April 12 @ 14:00 pm - 15:00 pm

Hoorbeeld Met Anrich Herbst, Elma Postma, Archie Nhlapo, Marelize Engelbrecht, Nina Marais en Ivan Zimmerman Lucas en Klara is pas getroud. Lucas het die romantiese droom om sy bruid ’n ongerepte deel van Afrika te wys. Hy beplan hulle wittebrood bestemming as ’n verrassing vir haar, welwetende dat sy nié ’n natuurmens is nie en dat sy eintlik hou van gerieflike vakansies in “beskaafde” plekke. Iets onverwags gebeur en hulle bevraagteken hulle verhouding. Hulle leer ken hulleself en mekaar, dalk…

Find out more »

Die wittebrood 2 deur Riana Scheepers

April 12 @ 16:00 pm - 17:05 pm

Hoorbeeld Met Anrich Herbst, Elma Postma en Archie Nhlapo Vir drie dae moet Lucas en Klara noodgedwonge in ’n omgewing vol paradyslike skoonheid, maar terselfdertyd lewensgevaarlike omstandighede, probeer oorleef. In die tyd wat hulle wag op ’n moontlike reddingspoging, gestroop van enige denkbare gerief of kos, kom die verskille in hulle persoonlikhede, asook elkeen se sterk én swak punte, dramaties na vore. Hulle bevraagteken hulle verhouding en wonder of daar vir hulle ’n toekoms saam is. Die tradisionele geslagsrolle word omgekeer en…

Find out more »

Dawid en Jonathan, Ditto en do en ’n Poort deur die koue deur Jan Spies

April 13 @ 12:00 pm - 12:55 pm

Hoorbeeld Met Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Lochner de Kock, Johny Klein en Christo Compion Die bobaas-storieverteller Jan Spies sou verlede jaar sy 80ste verjaardag gevier het. Sy aardse humor en kosbare stories bekoor steeds ’n nuwe geslag lesers. In opdrag van RSG het André Kotzé drie van Jan Spies se verhale vir die radio verwerk en vir die heel eerste keer sal Spies se werk as drama gehoor kan word. Gratis | 55 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum…

Find out more »

Lewe na die noot deur Wilken Calitz

April 13 @ 14:00 pm - 15:15 pm

Hoorbeeld Met André Terblanche, Marlo Minnaar, Frieda van den Heever, Leon Kruger, Martelize Brink, De Klerk Oelofse en Hannah Borthwick ’n Sukkelende jong opkomende sanger wat eers teologie studeer het, kom as gevolg van sy seksuele voorkeure in konflik met die kerk se gay-beleid. Sy lewensmaat word gediagnoseer met kanker en dit is waar die papaja die waaier tref, want hulle het dringend geld nodig vir die behandeling. Hiervoor is hy bereid om buite die boks te dink en sy eie dood…

Find out more »

Sarah deur Karien Polley

April 13 @ 16:00 pm - 17:20 pm

Hoorbeeld Met June van Merch en Marcel van Heerden Sarah Baartman van die Gamtoos in die Oos-Kaap moes in die negentiende eeu in Europa as ’n frats paradeer. Nou, vir die eerste keer, word die grense van radiodrama en dokumentêr oorgesteek in hierdie opdragwerk. Dit is laataand wanneer Sarah en die man langs die vuur mekaar in die oë moet kyk en die waarheid ontbloot word. Gratis | 80 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 13 April 16:00

Find out more »

Regstreekse uitsending van Verse en klank

April 13 @ 21:10 pm - 22:00 pm

Onder leiding van: Johan Rademan (Poësie en musiek) Gratis | 50 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 13 April 21:10

Find out more »

Judas van Kériot deur Joey van Niekerk

April 14 @ 12:00 pm - 12:55 pm

Hoorbeeld Met Anrich Herbst, Martin Jansen, Shemane Harris, Duncan Johnson, André Stolz, Marcel Schoeman, Lochner de Kock en Cobus Visser Daar word aangeneem dat Judas van die uitverkiesing af bestem was om Jesus te verraai, maar wat het hom so ver gedryf? Was dit sy vader, die Sadduseër en ryk geldwisselaar, se teenkanting teen Jesus, of was dit sy eie teleurstelling in die Meester wat hy eers met soveel verwagting gevolg het? Wenner van die RSG/Cordis Christelike Radiodrama-skryfkompetisie in 2015.…

Find out more »

Engel met ’n hamer deur Joey van Niekerk

April 14 @ 14:00 pm - 15:30 pm

Hoorbeeld Met André Weideman, Cintaine Schutte, Juanita Swanepoel, Johann Nel, Susanne Beyers, Deon Lotz, Johann Stassen, Ronél Geldenhuys en Pieter Cillié ’n RSG Kunstefees 2016-opdragwerk oor die lewe van Beyers Naudé, wat in 1993 vir die Nobelprys vir vrede benoem is. Naudé het 14 eredoktorsgrade in sy leeftyd ontvang, asook onder meer die Franklin D. Roosevelt Four Freedoms Award in die VSA. Hierdie geskiedkundige drama handel oor die lewe van die dominee, teoloog en anti-apartheidsaktivis Beyers Naudé, ook bekend as…

Find out more »

Amadeus deur sir Peter Shaffer

April 14 @ 16:00 pm - 17:30 pm

Hoorbeeld Met André Rossouw, Marthinus Basson, Shirley Ellis, Paul Malberbe, Dawid Minnaar, Herman Pretorius, Pieter Bredenkamp en Johan Rademan Vertaling: Nerina Ferreira Antonio Salieri is die afgetrede hoofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely. Hy vertel van sy eerste ontmoeting met ’n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was ’n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salieri, daarenteen, was ’n bra gemiddelde komponis en…

Find out more »

’n Oulap se rooi deur Audrey Blignault met Woutrine Theron

April 15 @ 12:00 pm - 13:10 pm

Hoorbeeld Woutrine Theron het hierdie produksie ter viering van die geliefde rubriekskrywer, Audrey Blignault se 100ste verjaardag saamgestel. Theron vertolk die rol van Blignault in ’n radiodrama oor die kleurvolle vrou van Bredasdorp. ’n Kragtoer-vertolking. Gratis | 70 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nel-museum 15 April 12:00

Find out more »

Pous Johanna II deur Esther Vilar

April 15 @ 14:00 pm - 15:20 pm

Met Jana Cilliers Vertaling: Saartjie Botha Hoorbeeld Dit is die jaar 2033 en ’n Amerikaner - die dogter van ’n prostituut wat in ’n krotbuurt in Los Angeles gewoon het - word as pous verkies. Egskeiding, geboortebeperking en homoseksualiteit is toelaatbaar en Katolieke priesters mag trou. Daar is geen dogma, doodsondes of gebede nie. Al die Katolieke kerk se geld is onder die armes verdeel. En nou lewer Pous Johanna II haar inhuldigingstoespraak as regstreekse uitsending, al word sy kort-kort…

Find out more »
+ Export Events

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?