Loading Events

← Back to Events

ATKV-Boeke-oase

Upcoming Events

April 2017

Die Grensoorlog herbelig

April 8 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

Boekgesprek Met Willem Steenkamp en Daniel Hugo (gespreksleier) Die Grensoorlog het van 1966 tot 1989 geduur. Dit was Suid-Afrika se langste oorlog, waaroor daar steeds talle wanopvattings bestaan. Wie was die wenner? Wás daar ’n wenner? Suid-Afrika se Grensoorlog is die eerste keer in 1989 gepubliseer en was ’n topverkoper. Die hersiene weergawe van hierdie boek plaas ’n klomp nuwe feite op die tafel oor ’n waterskeidingsgebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 8 April 11:00

Find out more »

Kaapse kookkuns

April 8 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

Boekgesprek Met Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker saam met Marlene Malan (gespreksleier) Hulle was hul lewe lank net ma’s en eggenote wat hul huisgesinne bederf het met lekker etes. Maar toe word hulle ontdek toe hulle hul “reseppies” met die volk op RSG deel. Die mediamense bel, die kameraligte flits en – die heel ergste: “Onse gesigte verskyn toe mos oppie billboards!” Na die oorweldigende sukses van Kook saam Kaaps is daar nou ook Soettand. Gratis | 60 min. |…

Find out more »

Joernaliste wat boeke skryf

April 9 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

  Boekgesprek Met Heindrich Wyngaard (Zephany Nurse), Carla van der Spuy (Amor van der Westhuyzen) en Marlene Malan (gespreksleier) Joernaliste floreer op “lekker” stories eerder as “mooi” stories. Wyngaard (A Home for Zephany) en Van der Spuy (Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma) se verhale is allesbehalwe “mooi”. Dié stories oor die donker kant van die mens se psige is boonop scoops – daardie magiese woord wat elke joernalis se hart vinniger laat klop. En natuurlik om die…

Find out more »

Misdaadskrywers op die kruin van die golf

April 9 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

Boekgesprek Met Chanette Paul en Deon Meyer saam met Tertius Kapp (gespreksleier) Afrikaans het die afgelope jare ’n ongekende oplewing van misdaadromans en spanningsfiksie beleef. Paul en Meyer se boeke is topverkopers, en dis asof lesers net nie genoeg kan kry van donker verhale oor bedrog, moord en vergelding nie. Het ons die kruin van die golf bereik? Is daar nog iets nuuts te vertel? Is Afrikaanse lesers naby die versadigingspunt van misdaadverhale? Of is ons aanbod so uitstekend dat…

Find out more »

Skrywers op pad

April 10 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

Boekgesprek Met Erns Grundling (Elders) en Dana Snyman (Op pad) saam met Daniel Hugo (gespreksleier) Die een skrywer het internasionaal gereis, die ander verkies reise in sy eie land. Die een kyk na die groter prentjie van die mens se soeke na betekenis, die ander skep klein onthou-oomblikke wanneer sy pad met dié van onbekendes kruis. Die een soek perspektief op ’n roete wat jaarliks duisende pelgrims van regoor die wêreld lok, die ander een vind verhale agter elke klip…

Find out more »

Twee Kaapse digters

April 10 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

Boekgesprek Met Shirmoney Rhode (Nomme 20 Delphi straat) en Gaireyah Fredericks (Kaaps is Hollands) saam met Daniel Hugo (gespreksleier) Twee digters demonstreer hoe doodgewone dinge en die ordinary lewens van “kalit mense” in hul monde performance poetry word – want “Kaaps het sy eie style”. Kom luister na hierdie bekkige mondstukke van hul gemeenskappe. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 10 April 14:00

Find out more »

Na aan my hart – Lina Spies

April 11 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

Boekgesprek Met Lina Spies en Daniel Hugo (gespreksleier) Spies se jongste bundel, Sulamiet, handel oor die bekende temas wat haar na aan die hart lê en haar die afgelope vyf dekades so ’n geliefde digter gemaak het. Die liefde, die Boland, Christenskap, Emily Dickinson en haar bedreigde taal kom alles op ’n boeiende manier aan die bod. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 11 April 11:00

Find out more »

Waarom word so min dramatekste gepubliseer?

April 11 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

Boekgesprek Met Tertius Kapp (dramaturg en uitgewer), Nicol Stassen (uitgewer) en Marthinus Basson (regisseur) Die publikasie van dramas in Suid-Afrika “is op sterwe na dood”, volgens Stassen. Dit word nie meer voorgeskryf nie, dit word bykans nie geresenseer nie. Wat gaan die Suid-Afrikaanse uitgewerswese doen om erkenning te gee aan ons puik dramaturge en hul werk op te teken? Word dramas wel nog van tyd tot tyd uitgegee, bloot om letterkundige pryse te wen? Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase…

Find out more »

Twee Anglo-Boereoorlogbiografieë

April 12 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

Boekgesprek Met Carel van der Merwe (Eugène Marais), Elsabé Brits (Emily Hobhouse) en Daniel Hugo (gespreksleier) Van der Merwe (Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog) en Brits (Emily Hobhouse) volg die spoor van twee enigmatiese mense wat ’n onmiskenbare band met die Anglo-Boereoorlog gehad het. Van der Merwe onthul Marais se duister bedrywighede vóór, tydens en ná die stryd tussen Boer en Brit; en Brits loop in die voetspore van die pasifistiese Hobhouse – tot in Kanada, waar sy…

Find out more »

Twee gevierde Ladismithers

April 12 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

  Boekgesprek Met Abraham H. de Vries (80), Peter Veldsman (75) en Wium van Zyl (gespreksleier) Die Klein Karoo het ’n deurslaggewende rol gespeel in hul lewens en loopbane: De Vries as kortverhaalskrywer en Veldsman as kosskrywer. Maar hulle is ook storievertellers by uitstek – smaaklike, sappige, souserige, kleurvolle stories van mense en hul dinge. Met Ladismith en die Klein Karoo wat soos ’n goue draad deur hierdie vertelkuns loop. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 12 April 14:00  

Find out more »

Giliomee – taalaktivis en historikus

April 13 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

  Boekgesprek Met Hermann Giliomee en Daniel Hugo (gespreksleier) Giliomee is ’n aktuele historikus met ’n grondige kennis van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en ’n geloofwaardige aktivis vir Afrikaans. Sy bedaardheid het nog altyd respek afgedwing – selfs by dié wat nie met hom saamstem nie. Giliomee se lewe het interessante draaie gemaak as professor by Ikeys, Maties en in die buiteland. Hy vertel daarvan in sy jongste boek, Historikus – ’n Outobiografie. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 13 April…

Find out more »

Melk die heilige koeie

April 13 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

Boekgesprek Met Deon Maas en Marianne Thamm (gespreksleier) Afrikaners is ’n groep wat soveel menings het as wat daar lede in die groep is – heilige, onaantasbare menings. Maar kan jy as ’n Afrikaner ’n slag jou onwrikbare opinie ’n bietjie in heroorweging neem? Effens terugstaan en objektief na jouself en jou groep kyk? Selfs ’n bietjie lag vir jouself… en minder vir “die ander”? Maas en Thamm, albei skrywers en joernaliste met sterk menings, kyk of hulle oor énigiets…

Find out more »

Die Boereoorlogdagboek van Anna Barry

April 14 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

  Boekgesprek Met Ena Jansen (redakteur) en Hermann Giliomee (gespreksleier) Ons Japie: Die Boereoorlog dagboek van Anna Barry vertel die verhaal van ’n jong meisie se verskeurdheid oor haar oorlogservaring. Sy staan tussen haar broer, Japie, ’n begeesterde soldaat wat as krygsgevangene op Ceylon sterf, en haar pa, ’n gerespekteerde veldkornet – maar dan lê hy ’n eed van neutraliteit af. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 14 April 11:00

Find out more »

Van Hitler en Verwoerd tot Mandela

April 14 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

  Boekgesprek Met Marianne Thamm  en Heindrich Wyngaard (gespreksleier) Hitler, Verwoerd, Mandela and Me fokus op Thamm se eiesoortige belewenisse oor dekades heen. Haar pa was Duits, haar ma Portugees. Sy is in Suid-Afrika gebore en het tussen Afrikaans-sprekendes grootgeword. Dis die verhaal van ’n pa en sy dogter, oor die spoke van die geskiedenis, oor gesinsverhoudings en vergifnis. Thamm, uitgesproke en snaaks, vertel hoe haar grootwordjare haar menings en lewensuitkyk beïnvloed het. Gratis | 60 min. | ATKV-Boeke-oase 14…

Find out more »

Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

April 15 @ 11:00 am - 12:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
stack-of-books_slider

  Boekgesprek Met Ena Jansen en Hannes Visser (gespreksleier) “Huisbediendes” is deel van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hulle word as ’t ware gesinslede en beleef dikwels dekades lank die wel en wee van verskillende geslagte van een familie. In Soos familie kyk Jansen na die lewe van sowat honderd huiswerkers in stedelike huishoudings – vroue wat soms verskeur is tussen hul eie gesinne en dié van die mense vir wie hulle werk. Jansen se bekroonde studie het ontstaan toe sy begin…

Find out more »

Blik op Suid-Afrika van binne en buite

April 15 @ 14:00 pm - 15:00 pm
ATKV-Boeke-oase, Oudtshoorn, South Africa + Google Map
daniel-hugo_slider

  Boekgesprek Met Eben Venter en Daniel Hugo (gespreksleier) Met Wolf, wolf en Horrelpoot (Trencherman) word Venter, met sy een voet in Suid-Afrika en die ander in Australië, nou internasionaal erken. Wolf, wolf vertel  die verhaal van die werklikheid van die “nuwe Suid-Afrika”, maar ook van ’n nuwe geslag wat die soms benouende uitkyk van die ou Afrikanerdom moes afskud. Horrelpoot skep ’n werklikheid van ’n post-apokaliptiese Suid-Afrika. Albei romans ondersoek temas van kleur, politiek en ontnugtering. En van lig…

Find out more »
+ Export Events

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?