Vanjaar se KKNK ’n belewenis

Die artikel wat op 9 Februarie in die Hoorn verskyn, vertel meer oor die KKNK 2017 se motto en hoe dit die jaar ’n groot belewenis gaan wees.

ELKE aspek van vanjaar se KKNK gaan daaroor dat dit ’n belewenis is, sê die uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, Rhodé Snyman. Die motto van vanjaar se fees is “Beleef dit”.
Snyman het verlede Donderdag tydens ’n net-werkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer met sakelui oor vanjaar se 23ste KKNK gesels.

Volgens Snyman verkoop kaartjies tans flink en vergelyk verkope goed met wat dit verlede jaar die tyd was. Sy sê die KKNK trek jaar na jaar mense na Oudtshoorn as gevolg van ’n aantal unieke eienskappe – soos dat dit in die va­kan­sie plaasvind en dikwels die Paasnaweek insluit, ’n fees is vir die hele gesin en boonop op die platteland plaas­vind.

Sy het gesê die feesbestuur het vanjaar “ag­teroor gebuig” om seker te maak die fees is toeganklik vir almal. Gra­tis vermaak sal beskik­baar wees in Baron van Reedestraat – “die hart van die fees” – waar ook kosstalletjies sal wees.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?