Van Loveren by KKNK 2016

Untitled-3 (1)

GOEIE TYE MET VAN LOVEREN
Van Loveren, geleë in die pragtige Robertson Vallei, is trots om vanjaar die wynborg te wees van die KKNK. Die kelder wat deur die derde geslag van die Retief-neefs bestuur word, is bekend vir hul handelsmerke Four Cousins, Van Loveren en Tangled Tree – almal vanjaar beskikbaar by die KKNK. Indien jy die res van hul wynreekse wil proe, maak gerus ‘n draai by Van Loveren as jy die volgende keer deur Robertson ry, of daar kuier.

Van-Loveren-82-(Large)

Wen ’n kos- en wynproe by die Van Loveren-wynlandgoed vir jou en drie vriende, geldig tot ’n maand na die KKNK. Al wat jy moet doen is om ’n KKNK-oomblik vas te vang. Neem ’n foto van ’n oomblik wat jou feeservaring deel en laai dit op Van Loveren se Facebook-blad. Plaas ook ’n beskrywing van jou oomblik by die foto en gebruik #KKNK2016 en #VanLoveren en tag die KKNKFees Facebook-blad.

Elke dag van die fees sal ’n nuwe wenner aangekondig word en die kompetisie vind daagliks tot die einde van die fees plaas. Wenners sal in kennis gestel word.

Sien jy kans vir nog enetjie? Maak hierdie somer pret by die KKNK saam met jou vriende en Four Cousins! Van Loveren het ‘n verfrissende promosie aan gedurende die fees.
Koop enige vier Four Cousins Fiver-drankies by een van die Fiver-areas (Kunsmark Eiland en Hap-en-Tap) in die Rivierbuurt en ontvang ’n vyfde een gratis. Deel foto’s hoe jy en jou vriende julle Fivers geniet op FIVER Facebook en Twitter (@4COUSINSWINE) en wen groot pryse!

Fiver_Summer_poster_AFRIK
image002

Wat is ‘n fees sonder ‘n koue glasie wyn? Van Loveren wyne is beskikbaar by verskeie kroeë en restaurante gedurende die KKNK. Na ‘n lang dag se musiek, vertonings en inkopies kan jy by een van hierdie punte, die bekroonde wyn geniet.

Hierdie Van Loveren-wyne sal vanjaar by die KKNK beskikbaar wees:

Van Loveren Chenin No 5
Van Loveren Sauvignon blanc
Tangled Tree Chardonnay
Tangled Tree Chocolate Cabernet Sauvignon
Four Cousins Sweet Rose (12 x 500ml)
Van Loveren Neil’s Pick Colombar
Four Cousins Sweet Rose (6 x 1.5L)
Van Loveren River Red
Van Loveren Cab/Merlot

Van Loveren African Java Pintage
Tangled Tree Moscato Rose
Fiver Black (Ginger 6 x 340ml)
Fiver Cool (Apple Lime Cucumber 6 x 340ml)
Fiver Crush (Apple Pear 6 x 340ml)
Fiver Blush (Strawberry Litchi 6 x 340ml)
Fiver Bold (Pomegranate 6 x 340ml)
Earl’s Peach Tea (4 x 275ml)

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?