KKNK-2018-web-header-Uitkampteater
Moontlik gemaak deur die Koninklike Nederlandse Ambassade, Pretoria

Die KKNK se Uitkampteaterinisiatief is by die Fiëstas in 2017 as mees innoverende konsep beloon.

Dié program beloof om ’n hoogtepunt op die program te wees. Dié kortkunsprogram sluit onder meer Nederlandse kunstenaars, die beste van die DCAS se dramafees, talent van die plaaslike distrik en opwindende werke van jong en gevestigde teatermakers in. Die samestelling sorg vir ’n verskeidenheid van genres om jonk en oud te vermaak.

Uitkampteater kan gesien word voor die Absa Burgersentrum en by ATKV-Speelbos. Van die hoogtepunte sluit in:

Brandmerk-500x400

BRANDMERK

MET Stephren Saayman, Jomelia Mekeur, Heinrich Hendricks en Robyn September REGIE Romeo Jantjies TEKS Stephren Saayman GESELSKAP Evolution-dramagroep

Dit is ’n dekade later, maar nie eens tyd kon die Williams-familie genees nie. Danny, Debby en Brian is besig om hul huis te ontruim, terwyl hul ma verantwoording moet doen vir die feit dat sy die reg in eie hande geneem het. Danny word voortdurend gekonfronteer met die “vader-en-seun-geheim”, maar gaan hy die geheim vir die eerste keer in sy lewe verklap, of gaan 25 September 2010 ’n permanente brandmerk op sy siel laat?

Afrikaans | R20 | 20 min. | Voor die Absa Burgersentrum | Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

DIE MEERMIN-KOMPLEKS

DEBUUT Drama

MET Du Toit Albertze REGIE Wessel
Pretorius TEKS Du Toit Albertze

Robbie is vas oortuig hy is ’n borrel. Die dorp verdink hom van ’n meermin wees. Albei is ewe uit plek met die Calvinistiese oortuigings van die verlate kusdorpie, Draadbaai. Robbie probeer maar net sy plek tussen die grond en see vind, maar sy emosionele reis word onderbreek deur die onheilspellende duikers met hul meerminjagte, sy vader wat hom probeer “regmaak”, pastoor Ursula se duistere agenda en sy kwynende geestestoestand wat aan ’n boogie board hang. Die meermin-kompleks is ’n tragikomiese reeks episodes wat die Victoriaanse ideologieë oor die heiligheid van kindwees, sowel as regstellende verkragtings van gays, in ’n Afrikaner-konteks ondersoek.

Geen o/13 T S | R20 | 20 min. | Voor die Absa Burgersentrum
Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

Die-Meermin-kompleks-627x336
Doos-Box-500x400

DOOS/BOX

MET Stephanie Maria Gericke REGIE Llandi Beeslaar TEKS Verskeie kunstenaars

’n Wit boks met een akteur binne … een van vyf unieke toneelervarings … 16 gehoorlede op ‘n slag … Doos/Boks is ’n konseptuele ervaring waar toeskouers die geleentheid kry om unieke stukke intiem te ervaar. Toeskouers gebruik een van 16 gate in ’n lewensgrootte boks wat as alternatiewe speelruimte gebruik word. Deur jou kop in een van die openinge te druk, kry elk ’n unieke blik op die gebeure. Elkeen van die stukke is die kreatiewe breinkind van Suid Afrika se voorlopers in die velde van toneelspel, musiek, grafiese ontwerp en dramaturgie. Een toneelstuk op ’n slag en elk nie langer as 15 minute nie. Kom steek jou kop in en geniet elke oomblik.

Veeltalig | Ouertoesig word aanbeveel | R20 | 15 min. | Voor die Absa Burgersentrum | Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

LOLLY

DEBUUT Drama

MET Ameera Conrad REGIE Dara Beth TEKS Ameera Conrad en Dara Beth VERVAARDIGER The Furies Co-Op

Lolly is ’n lewendige pop. Sy is alles wat jy ooit sal begeer, alles wat elke televisieprogram jou oortuig jy verdien. Mans, sy is elke skoolmeisiefantasie wat jy al gehad het, elke laatnagprogram. Dames, sy is elke beeld wat jy nastreef, elke stoute gedagte waaroor jy al gebloos het. Almal anders: Jammer, die media het nog nie heeltemal by julle uitgekom nie, maar Lolly mag dalk. Vergesel Lolly soos sy jou deur ’n wêreld van plesier begelei en nuttige wenke en insig deel deur middel van haar maklik-omte-volg-YouTube-handleidings. Mans, kyk hoe ’n kenner jou vrou leer wat jy nodig het. Dames, leer alles wat jy nodig het om jou man se fantasieë ’n werklikheid te maak. Almal anders: Jy sal sekerlik iets bevredigend hieruit vind.

Geen o/18 | S T N D G | R20 | 20 min. | Voor die Absa Burgersentrum | Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

Lolly-500x400
My-boetie-is-n-danser-500x400

MY BOETIE IS ‘N DANSER

MET Ashwin May en Meyrick Tree REGIE Thembela Madliki REGIE Thembela Madliki en geselskap

My boetie is ’n danser is eksperimentele fisiese teater en verken die verhouding tussen twee broers wat die wêreld baie verskillend ervaar. Die seuns skep ’n wêreld waar hulle, ondanks hul vermoëns, in harmonie saam kan leef en as gelykes behandel word. My boetie is ’n danser vertel hoe elkeen se verbeelding as ’n wapen teen vrees gebruik kan word en die storie ontvou deur ’n reeks gebeure wat ons meer insig in hul omstandighede bied.
Hier is die credits – het nou ook aangevra om te laat weet oor taal en rede vir die 16+ age restriction.
So excited oor die show.

Engels | Geen o/16 | R20 | 15 min. | Voor die Absa Burgersentrum | Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

VAN GANSER HARTE

DEBUUT Komedie

MET Des-Lee McKenzie, Ian van der, Westhuizen en Monique Basson REGIE Ian van der Westhuizen

Moenie van jou hart ’n moordkuil maak nie, want elke hart het sy smart. Dra jou hart op die mou, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Van ganser harte doen presies dit. Vier uiteenlopende, skreeusnaakse sketse deur twee nuttelose romantikusse. Elke skets word deur ’n liefdesvers vergesel, maar daar is kinkel in die kabel. Slegs een skets word elke uur opgevoer, maar die vraag is: Watter een? Kom spin die wiel en vind saam met ons uit. Dalk praat die skets van die uur met jóú hart.

OB | R20 | 10 min. | Voor die Absa Burgersentrum | Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

Van-Ganser-Harte-(3)
What-sounds-like-now-500x400

WHAT SOUNDS LIKE NOW

MET Joey Schrauwen en Nick Livramento Silva

What Sounds Like Now is ’n uitvoering wat ten volle in rym gedoen word; wat gewaarborg is om te misluk. Twee mans worstel met die druk van selfsensuur en om op te tree. Hulle het vir hulself ’n teaterwip gestel, en voor die gehoor probeer hulle daaruit ontsnap. Hoe kom ’n mens los van jou ego? Teen watter prys kom vryheid uit selfoordeel? Wat beteken dit om in die oomblik eerlik te wees? What Sounds Like Now is ’n poging om die innerlike wêreld na vore te laat tree. ’n Poging wat gewaarborg is om te misluk.

Engels | R20 | 20 min. | Voor die Absa Burgersentrum | Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

UITKAMPTEATER VIR DIE JONGSPAN

Die wengeselskap van die Kanna vir die beste kinderteater-aanbieding by die KKNK in 2017 keer terug met vier opwindende Uitkampteater-produksies vir die jongspan. Maak ook seker dat jy die bekroonde In die woud vanjaar sien.

Afrikaans | Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) 20 min. | ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt | Daagliks 11:00 tot 17:00

IN DIE LUG

DEBUUT Kindervermaak

In die lug is ’n volgende hoofstuk van In die woud. In die woud het verlede jaar die prys gewen vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie van ’n jong man en sy verkenningstog deur die lug, wat baie vrae laat ontstaan. Is die lug wit of is dit eintlik blou? Hoe vlieg ’n mens in die lug? Die gehoor word genooi om deel te wees van een man se reis deur en na die lug.

Afrikaans | Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt | Daagliks 11:00 tot 17:00

In die woud, see, lug UITKAMPTEATER 2
In die woud, see, lug UITKAMPTEATER 1

IN DIE SEE

DEBUUT Kindervermaak

In die see is ’n volgende hoofstuk van In die woud, wat verlede jaar die prys gewen het vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie van ’n jong man en sy verkenningstog deur die see, waar hy
die wonderwêreld van water ontdek.

Afrikaans | Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt | Daagliks 11:00 tot 17:00

IN DIE WOUD

DEBUUT Kindervermaak

In die woud het verlede jaar die prys gewen vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie ’n jong man se reis deur die oerwoud, waar hy ’n magiese lap ontdek. Sy ontdekkingstog maak vir hom ’n wonderwêreld oop.

Afrikaans | Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt | Daagliks 11:00 tot 17:00

In die woud, see, lug UITKAMPTEATER 3
KKNK-2018-web-images-500x400-Kindervermaak-Speel-Speel-my-storie-is-uit

SPEEL-SPEEL MY STORIE IS UIT

DEBUUT Kindervermaak

MET Jaco Spies, Schoemé Grobler en Isabelle Grobler REGIE Schoemé Grobler TEKS PuppeTrix MUSIEK Jaco Spies VERVAARDIGER PuppeTrix

Verskeie stories word sigbaar, hoorbaar en tasbaar vir kinders wanneer storievertelling met handpoppe en lewendige musiek gekombineer word. Die gehoor kry ’n instrument en deur middel van musikale en dramatiese fasilitering word die gehoor ’n interaktiewe deel van die storie.

Afrikaans | Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt | Daagliks 11:00 tot 17:00

STOUTE KABOUTER

John Jacobs, Suid-Afrika se geliefde mimiekkunstenaar, is die “stoute kabouter”, wat weet hoe om kinders te vermaak en hulle te laat lag. Deur mimiek maak hy wêrelde oop ver verby dit wat jy kan sien. En oral plant hy saadjies oor die magiese krag van mimiek. Kom beleef dié besondere toneelkuns en kom leer van klassieke mimiek, iets wat deesdae ook al by skole aangebied word. Jacobs het in Parys, Frankryk, onder die mimiekmeester Marcel Marceau gestudeer en het nasionaal en internasionaal pryse gewen.

Afrikaans | Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt | Daagliks 11:00 tot 17:00

Stoute-kabouter-500x400
Bloeb-500x400

BLOEB!

Kindervermaak

Met Schoemé Grobler en Isabelle Grobler Regie Sjaka S. Septembir Teks PuppeTrix Vervaardiger PuppeTrix

Potluck dui per definisie op die kans wat jy vat met wat ook al aangebied word, maar wel met die belofte dat dit uniek sal wees. Met ’n verskeidenheid items, elke optrede met ’n ander kunstenaar, ander inhoud en in ’n ander genre, kan jy die talent uit die Oudtshoorn-distrik beleef. Elke ervaring beloof om besonders te wees. Kom vat ’n kans met dié potluck van plaaslike talent.

Moontlik gemaak deur kykNET

Veeltalig • Gesin R20 | 15 min. | Voor die Absa Burgersentrum Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

Lappieskonsert

Ondersteun deur kykNET & kie

Met verskeie kunstenaars Produksiehuis The Domingo Effect

Waag ’n kans met Lappieskonsert, met hoogtepunte van Oudtshoorn se versteekte talente en stories, wat sorg vir ’n unieke ervaring. Met ’n verskeidenheid items, elke optrede met ’n ander kunstenaar, ander inhoud en in ’n ander genre, kan jy die talent uit die Oudtshoorn-distrik beleef. Elke ervaring beloof om besonders te wees.

Veeltalig • Gesin

R20 | 15 min. | Voor die Absa Burgersentrum

Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

Road-sign-500x400

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?