Uitkampteater skep veel uit byna niks

Netwerk24 berig op 14 April oor die Uitkampteater by vanjaar se KKNK. Die Uitkampteater is vanjaar twee jaar oud en is bekroon met ’n Fiësta Blou Stoel-prys vir innovering vereer.

Teater geskep uit bykans niks. Wat in twintig minute – partykeer selfs minder as dit – die kyker wegvoer. Dit is die wese van die Uitkampteater.

Dié geesteskind van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees is vanjaar twee jaar oud en is pas met die Fiësta Blou Stoel-prys vir innovering vereer.

Daar is sewe stukke wat al om die halfuur speel. Kaartjies kos R20 elk. Nie net verskaf dit goedkoop, gehaltevermaak vir feesgangers op ’n begroting nie, die belangrikste is dat dit ’n platform skep vir jong talent.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?