Twee tuistes vir uitkampteater by 2017-KKNK

Die artikel wat op 3 Maart 2017 in Die Hoorn verskyn, vertel lesers meer oor die KKNK 2017 en wat feesgangers kan verwag van die Uitkampteater by die jaar se fees.

“Na die wegholsukses van verlede jaar se eerste Uitkampteater, is die aanbod vanjaar groter met meer kunsvorme en genres,” sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.

“Uitkampteater het nou twee tuistes – agt tentjies voor die Absa Burgersentrum en twee by Arbeidsgenot, die nuwe area vir kindervermaak. Danksy die ondersteuning van die Koninklike Nederlandse Ambassade, Pretoria sluit dié uitgebreide baadjie twee produksies deur Nederlandse kortkunsspesialiste, opwindende werke deur jong en gevestigde teatermakers en die Eden Dramafees se wenproduksie in,” sê sy.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?