TOBIE CRONJÉ – KUNSTE ONBEPERK VEREERDE

KKNK-2018-web-images-Vereerdes-1000x500-Tobie

Kunste Onbeperk – Lewensbydrae tot die Kunste

Tobie Cronjé werk al vir meer as vyf dekades as akteur en regisseur in teater, rolprente en televisie. Cronjé vier vanjaar sy 70ste verjaarsdag. Hy het homself gevestig as een van die mees gevierde en geliefde komiese akteurs en is ook jaarliks te sien as die dame in Janice Honeyman se pantomime. In teater het Cronjé in verskeie klugte en komedies gespeel, maar hy is ook geloof vir sy meer dramatiese rolle soos Lafras in Die rebellie van Lafras Verwey. Sy televisierolle het van hom ’n huishoudelike naam gemaak. Wie sou hom kon vergeet in Die avonture van Joachim Verwey en Willem? Van Cronjé se bekendste rolprente sluit in Die sersant en die Tiger Moth, Babbelkous en bruidegom, Wat maak oom Kallie daar?, Kooitjie Emmer en meer onlangs Die rebellie van Lafras Verwey. Kunste Onbeperk vereer vir Cronjé vir sy lewensbydrae tot die kunste – nie net vir die enorme bydrae wat hy deur sy werk gelewer het nie, maar ook as een van die bedryf se mees geliefde en gerespekteerde kunstenaars. Cronjé is vanjaar in die absurde tragi-klug Die stoele te sien

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?