The Creative Block

resize-23

Kunstenaars: Verskeie Medium: Gemeng Organisasie: Spier-kunstrust Kurator: Tamlin Blake

The Creative Block word deur die Spier-kunstrust bestuur. Deelnemende kunstenaars kry skoon blokke van verskillende groottes, wat hulle op enige manier deur middel van enige media herskep. The Creative Block bied kunstenaars van Suider-Afrika, gevestig en opkomend, die geleentheid om dadelik geld te verdien, hul artistieke veld uit te brei, en ’n platvorm om in te eksperimenteer. Die werke word beoordeel en die bestes word gekoop om teen bekostigbare pryse herverkoop te word aan kunsliefhebbers en die algemene publiek. Die hoofkurator se terugvoer oor die werke is soortgelyk aan ’n meestersklas en bied vir die kunstenaar ’n geleentheid vir ontwikkeling. Elke blok weerspieël ’n unieke artistieke taal en styl, en gesamentlik getuig die blokke van die ryke en besondere kunsstemme binne die kunslandskap van Suider-Afrika. Sedert 2004 was meer as 250 kunstenaars deel van The Creative Block-program.

Gratis | 480 min. | Prince Vintcent-gebou

Daagliks 09:00 tot 17:00 (2 en 4 April 10:00 tot 17:00)

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?