Test

KKNK-2017-web-Huisgenoot-Musiekplaas-header-03

Die KKNK se opelug musiekervarings
keer vir die eerste keer sedert 2012 terug na die
Rivierbuurt, wat beteken jou
week- of dagkaartjie bied meer waarde vir geld as óóit tevore.

Ons skep ’n ongelooflike atmosfeer vir feesgangers in die Rivierbuurt met stalletjies, smulkos, wyn- en deli-proeë, kindervermaak, rusareas en nou ook aandvertonings by die Huisgenoot-verhoog. Die musiek hier begin om 16:00 en indien jy nie die hele dag in die Rivierbuurt kan rondsnuffel en kuier nie, verseker jou sitplek in die Golden Circle vir uitgesoekte aande teen ’n addisionele R80 (’n Golden Circle-kaartjie, gee nie toegang tot die Rivierbuurt nie).

JUANITA, BOK EN VRIENDE

Met Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Refentse, Jo Black, The Black Ties en Elandré Schwartz Musiekregie: Jaconell Mouton
Juanita du Plessis is vir die eerste keer in sewe jaar terug by die KKNK. Saam met Bok van Blerk wat in 2016 sy tiende jaar in die musiekbedryf gevier het, The Black Ties en nuwelinge, Jo Black, Elandré Schwartz en dubbelplatinumverkoper
Refentse, sorg hulle vir ’n heerlike kuieraand onder die Klein Karoo-sterre.

Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden Circle: R80 (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie) | 180 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
8 April | 17:30

Bok

Ook te sien by KKNK

THEUNS JORDAAN EN DR. VICTOR

Met Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels
Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels, wat onlangs hul nuwe enkelsnit uitgereik het, is terug by die KKNK. Dié kunstenaars, wat saam by Afrikaans is Groot in 2012 opgetree het, sorg vir ’n onvergeetlike aand.

Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden Circle: R80 (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie) | 180 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
9 April | 18:30

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?