Tertius Kapp se drama ‘Liewer’ sny diep

Op 9 April berig Netwerk24 dat Hertzog-pryswenner Tertius Kapp opnuut sy meesterskap bewys met sy jongste drama, Liewer. Waar sy Rooiland en Oorsee vandag se Suid-Afrika polsend afteken in die perk van vier tronkmure en op ’n reddingsbootjie na ’n nuwe wêreld, sny Liewer nóg nader aan die been.

Hy takel ons mees intieme liefdesverhoudings met ’n fyn skalpel. Dit is onder sewe besonder sterk Afrikaanse toneeldebute op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.

Twee paartjies word teenoor mekaar gestel en afgespeel: die huweliksmaats van etlike jare Vincent (Brendon Daniels) en Annie (Anna-Mart van der Merwe) en die jong verliefdes Beatrice (Tarryn Wyngaard) en Zander (Wilhelm van der Walt) wat nog nie wis of hul liefde ’n raklewe het nie.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?