SWERFGOED

Swerfgoed Posts

DEBUUT Tragi-komedie

’n Ko-produksie tussen NATi, die Baxter-teatersentrum, Kunste Onbeperk en die US Woordfees

Met Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher Regie: Tinarie van Wyk Loots Teks: Bauke Snyman Ontwerp: Jemma Kahn Produksie- en verhoogbestuurder: Michael Garbett Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Iewers in die nabye toekoms. Water is die duurste hulpbron en daar sal selfs moord gepleeg word om dit te bekom. By Motel Stillewater – iewers op ’n godverlate vlakte – is daar ’n oerskat opgesluit. Dit is ’n vreemde (en snaakse) spulletjie wat hier woon. En niemand gaan met hulle mors nie: stille water, diepe grond … ’n Distopiese blik op erfenis en opoffering van Griekse omvang, maar in die tragiese skuil daar dikwels ook die komiese. Gratis gesprek met geselskap ná die vertoning van 29 Maart om 11:45.

Afrikaans • Geen o/16 G S V D T | R135 (R150 by die deur) | 90 min. | Gimsaal

29 Maart 10:00; 30 Maart 15:00; 31 Maart 17:00; 1 April 16:00; 2 April 20:00; 3 April 10:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?