Spaar met die KKNK se 23ste verjaardag

KKNK-2017-Beleef-Dit-web-images-1000x500-Mis-vir-die-ou-oom (1)

Die KKNK vier vandag sy 23ste bestaansjaar met ’n spesiale Beleef23-promosie.

Deel in dié viering en kry jou Goue sirkel-kaartjies vir die Huisgenoot-verhoog se aandprogram teen 50% afslag. Jy spaar dus R40 per kaartjie vir Juanita, Bok en vriende (8 April 17:30), Theuns Jordaan en Dr. Victor (9 April 18:30), kykNET Jukebox met Pieter Koen, BlackByrd, Refentse, Jay, Leah en Willem Botha (14 April 18:30) en Kleurvol met ’n keur van vars nuwe talent (15 April 18:30)


Daar is ook verskeie teater-winskope, onder meer vir Asem, Liewer, Buite Land en baie meer.
Die Beleef23-promosie is slegs vandag (Donderdag, 23 Februarie) van 09:00 geldig. Daar is slegs ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Onthou: Jy het ’n Rivierbuurt-kaartjie nodig om toegang tot die Goue sirkel te kry.

As jy nog nie ’n Rivierbuurt-kaartjie het nie, wees op die uitkyk vir die Rivierbuurt Weekkaartjie-promosie op Donderdag, 23 Maart.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?