Son

rsz_son-veir_jou_kultuur

Son se vennootskap met die KKNK kom al ’n lang pad. As ’n koerant wat die waarde en impak van die kunste onder sy lesers raaksien, is dit vir ons byna ’n natuurlike verbintenis. Son verstaan sy lesers se frustrasies, aspirasies en inspirasies. Daarom weet ons dat die kunste ’n belangrike uitlaatklep en rigtingwyser is vir talle jong mense om hul drome te verwesenlik.
Daarom sien ons vanjaar weer uit na die grootse gebeurtenis op die land se feeskalender- #allepaaie. Ons sien uit na die vermaak wat dit bied, die geleenthede wat dit ontsluit, die interaksie met ons lesers en vriende van die koerant en die bemagtiging wat dit bied aan jong opkomende kunstenaars.
Ons is trots om ’n senior-borg van die KKNK te wees en produksies te ondersteun soos Rymklets van Oos tot Wes, die debuut drama Invisible met Vinette Ebrahim, Emo Adams en nog meer, wat lekker vermaak vir ons Sonlanders en feesgangers gaan verskaf. Kaartjies vir die produksies is beskikbaar deur Computicket.

rsz_kknk_2016_web_images_1042x833-04

Rymklets van Oos tot Wes

Debuut Hip-Hop
Moontlik gemaak deur die NLDTF.
Ondersteun deur die Vlaamse Regering

Met: HemelBesem, Bliksemstraal, Linkris, Meli Grey, Vito, Early B, DJ Azuhl, Oudtshoorn hip-hop-kompetisiewenners en Vlaamse gaskunstenaars, Frozen en Faith.
Vervaardiger: Bevan Moleveld
Produksiehuis: BLM Musiek

Afrikaanse hip-hop is aan die orde van die dag. Die skerpste ryme en beats wat jou laat bons. Rymklets is ’n konsert wat van die beste Afrikaanse hip-hop kunstenaars op ’n verhoog sit.

Afrikaans | Gesin | Gratis | 180 min | Musiekplaas | 28 Maart 19:00

Invisible

Debuut Drama

’n Kunste Onbeperk en Suidoosterfees ko-produksie

Met: Vinette Ebrahim
Teks: Vinette Ebrahim
Regie en Kostuumontwerp: Christo Davids
Beligting- en Stelontwerp, Verhoog- en Produksiebestuurder: Jody Abrahams
Vervaardiger: Vinette Ebrahim en Christo Davids

Katie Jacobs. Bergie. Gebore Kathleen Marion Jacobs, eens deel van ’n District Six-familie. Die forced removals het nie net daai gemeenskap uitmekaar geskeur nie, maar mense ook. Mense soos Katie en haar ouers moes nuwe huis opsit in iemand se koue garage. En dis hoeka net daar waar Katie geleer het van smokkel en sjebiens. En hoe om te verdwyn. “Almal ken my, maar niemand sien my siel nie. Ek’s mos invisible.”

Afrikaans | Geen o/13 T | R120 | 75 min | Gimsaal | 25 Maart 20:00 | 26 Maart 09:00 | 27 Maart 13:00 | 28 Maart 13:00

rsz_kknk_2016_web_images_1042x833-01
rsz_kknk_2016_web_images_1042x833-03

Emo Adams

Kontemporêre Musiek

Met: Emo Adams en Take Note

Kom ontspan en kuier saam met Emo en die gewilde Take Note om jou fees op ’n hoogtepunt af te sluit.

Afrikaans | Ingesluit by Rivierbuurt-kaartjie | 60 min | kykNet Musiekverhoog, Rivierbuurt | 30 Maart 20:00

ATKV-Kampvuur

Digters, skrywers en storievertellers vergader elke aand van 18:30 tot 20:00 om die ATKV-Kampvuur. Hier sal elke aand talle vermaaklike en interessante stories te hoor wees wat alles van spookstories tot gedigte om die vuur insluit. Elke aand bestaan uit storievertel of digkuns en verskillende onderwerpe wat beloof om gehore met ’n unieke KKNK-ervaring te bederf. Kom geniet goeie geselskap om ’n vuur in die hartjie van die Klein Karoo.

rsz_kknk_2016_web_images_1042x833-05

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?