SON

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-Son

Dis weer tyd om fees te vier. En, soos gewoonlik, is Son en Son op Sondag hier.

Ons vennootskap met die KKNK kom nou al jare aan. Ons verstaan die belangrikheid van die kunste en, nog belangriker, om ons lesers daaraan bloot te stel. Die talent in ons gemeenskappe is uitmuntend. Kyk maar net na die sterre wat gebore is tydens verlede jaar se Idols en The Voice SA. Paxton Fielies en Craig Lucas is maar twee van ons supersterre. Daar is nog baie sulke goue stemme wat ontgin moet word. En dit is juis hoekom Son en Son op Sondag ons borgskap van die KKNK vanjaar weer voortsit. Ons is trots daarop om ’n senior borg van die fees te kan wees en produksies te ondersteun wat lekker vermaak vir ons Sonlanders en vir feesgangers verskaf. Son en Son op Sondag gee om vir ál ons lesers en die kunste is maar een forum waarop ons hulle byeenbring. Dit is ’n geleentheid waar mense hulself kan uitleef en vir ’n kort tydjie kan vergeet van hul probleme. Vir die kunstenaars wil ek sê: Hou aan met die goeie werk, gee net jul beste en streef altyd om bo uit te kom. Vir die KKNK wens ons alle sukses toe. En vir die feesgangers, geniet julle gate uit!

 

Neil Scott

Nuusredakteur: Son

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?