Snyman verlaat Kunste Onbeperk

Rhode

Rhodé Snyman met die Blou Stoel-prys wat tydens die 2017 kykNET Fiëstas aan die KKNK se Uitkampteater-inisiatief toegeken is. FOTO: Retha Ferguson

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, se bedanking is Maandag (11 Desember) tydens die maatskappy se Algemene Jaarvergadering (AJV) aangekondig.

Kunste Onbeperk se voorsitter, Crispin Sonn, het Snyman vir haar toegewyde diens oor die afgelope bykans 25 jaar bedank en haar sukses met haar nuwe loopbaanplanne toegewens. “Kunste Onbeperk, die KKNK en Klein Karoo Klassique is Rhodé groot dank verskuldig,” het hy gesê.

Volgens Snyman neem sy ’n opwindende nuwe geleentheid, as uitvoerende hoof van ’n trust, op.

Sy het dit veral geniet om die span te lei en te sien hoe hulle groei en ontwikkel. Sy sonder die vestiging van Uitkampteater by die KKNK, die toeganklikheid van die program by Klein Karoo Klassique en Kunste Onbeperk se positiewe finansiële resultate as hoogtepunte gedurende haar termyn as uitvoerende hoof uit.

Snyman is ’n stigterslid van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). Sy is in 1996 voltyds aangestel as mediabeampte, waarna sy tot die poste van bemarking-, korporatiewe – en bedryfsbestuurder bevorder is. In 2014 neem sy as uitvoerende hoof waar, voordat sy in 2015 in die pos aangestel is.

Sonn het ook bekend gemaak dat die direksie nou met ’n proses begin om ’n opvolger vir Snyman te soek. Hulle is vol vertroue dat Kunste Onbeperk uitstekend geplaas is om ’n fantastiese 2018 KKNK aan te bied, onder leiding van die kreatiewe hoof, Hugo Theart en die bedryfspan, ondersteun deur Snyman.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?

jQuery('label.label-tribe-bar-date').text('DATUM'); jQuery('label.label-tribe-bar-search').text('SOEK'); jQuery('input.tribe-events-button.tribe-no-param').val('Vind Vertonings');