‘So sien ons hom nou, so sien ons hom nooit weer nie’

Op 13 April plaas Die Hoorn ’n artikel oor die musiekproduksie ‘Mis vir die Ou Oom’, geïnspireer deur Jans Rautenbach se liefde vir die kunste en musiek

’N BESONDERSE musiekproduksie waarmee hulde gebring word aan Jans Rautenbach is môre (Vrydag, 14 April) op die planke by die KKNK op Oudtshoorn.

Rautenbach, bekroonde rolprentmaker en oud-voorsitter van die KKNK-direksie, is verlede jaar in November oorlede en het op die plaas Oulap naby De Rust gewoon.

‘Mis vir die Ou Oom’, geïnspireer deur Rautenbach se liefde vir die kunste en musiek, is om 14:00 in die Absa Burgersentrum te sien met onder meer leerders van Vlakteplaas Primêr, die Ad Astra-koor van die Hoërskool Oudtshoorn, die koor van die Laerskool Wesbank, die Kambro Diggers en die VGK Oudtshoorn-kerkkoor wat deelneem aan die produksie. Vlakteplaas Primêr, wat bekend staan as die beste plaasskool in die land, was ’n droom van Rautenbach en is in 2005 op Oulap gebou.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?