SÊ MY NAAM SOOS ’N STARBUCKS-KNAAP

Se-my-naam-soos-n-Starbucks-knaap-1

Komedie

Met Je-ani Swiegelaar Regie: Gerrit Schoonhoven Teks: Wessel Pretorius Verhoogbestuurder: E-andri Swiegelaar Vervaardiger: Ons Bou ’n Huisie By Die See Produksies

Annetjie “Vleis” de Vries sit op die lughawe en wag vir haar vlug na Amsterdam. Sy het nou genoeg gehad van haar lewe as die oudste van 13 kinders – wie sy alleen moet oppas, aangesien haar suiplap-pa net mooi boggerol omgee. Met haar troetelmarmot aan haar sy, wil sy ’n nuwe blaadjie omslaan in Europa en haarself bietjie begin eerste plaas. Laat Annetjie jou meer vertel oor haar beste vriend, Sarel Sarel Meintjies, haar rampspoedige matriekafskeid en die Starbucks-kelner wat haar hart omgedop het. ’n Solovertoning met hart, murg en artisan-koffie.

Afrikaans • Geen o/14 T
R105 (R120 by die deur) | 60 min. | kykNET Hoërskoolsaal

2 April 09:30; 3 April 14:00; 4 April 09:30

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?