Schalk Bezuidenhout en ander komediante gaan laat skaterlag

Schalk

Schalk Bezuidenhout, die vader van komedie, het ons laat lê van die lag by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees en nou is hy reg om Gautengers te laat hoes en proes met Jacaranda FM, aanbieder, Rian van Heerden, TV-persoonlikheid, Shimmy Isaacs, akteur Melt Sieberhagen en komediant, Monique Nortjé in Magtag! – ’n Afrikaanse komedievertoning eie aan sy soort wat plaasvind op Vrydag, 24 Junie en Saterdag, 25 Junie by Carnival City in Johannesburg.

“Komedie ervaar oor die afgelope paar jaar reuse-groei, met groter en meer skouspelagtige vertonings wat aangebied word – maar die meeste hiervan keur Engels voor. Ons het gedink dat ons iets op die planke moet bring wat regtig Afrikaans vier, want dis ʼn unieke taal en van die beste skryfwerk in Afrikaanse komedie kan net nie in enige ander taal vertaal word sonder om die regte bekoring daarvan te verloor nie,” sê Marita van Schalkwyk, kreatiewe regisseur, oor dié voortreflike Whacked-produksie. “Ons kan nie wag vir hierdie twee aande nie, waar duisende Afrikaanssprekende mense bymekaar kan kom en ʼn skitterende vertoning kan geniet wat die volslae hilariteit van plaaslike komedie vier en erken.”

Die radiostasie, Jacaranda FM, en kykNET, is ook reeds aan boord hierdie vertoning. kykNET is trots om die vertoning op TV uit te saai. Geskiedenis word ook gemaak aangesien dit die eerste keer is wat Afrikaanse skerpskertsery op dié geliefkoosde kanaal vertoon sal word.

Die vertoning is soveel meer as net ʼn vertoning, met die ervaring wat reeds in die voorportaal begin. Daar is fantastiese produkte wat vertoon sal word, verrassings om elke hoek en draai en dan na die arena toe. Daar is selfs ʼn kans om baie eksklusiewe toegang na die BBP-kamer agter die verhoog te wen. Gelukkige wenners kan al die gaskunstenaars en persoonlikhede ontmoet en na die vertoning selfies neem.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home winkels. Klik hier om jou kaartjies aanlyn te koop.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?