SANDRA SE LAASTE SHOW

KKNK-2017-web-672x336-Uitkampteater-Sandra-se-laaste-show

Drama

Met Igna Botha Teks: Igna Botha Regie: David Brink

Haar grootste droom was om eendag ’n ster te wees, maar sterre brand uit tussen mielies, myne en stof. Terwyl ’n ikoniese Suid-Afrikaanse aktrise ’n stowwerige verhoog betree, breek pandemonium uit oor ’n dorre stukkie van die ou Transvaal. Die skielike flits van ’n suiwer wit lig het borrelende riviere, vernietigende haelstorms en sinkende teerpaaie in die strate van Klerksdorp tot gevolg. Uit die mond van ’n paar inwoners probeer almal uitpluis wat presies daardie aand gebeur het. Is Sandra darem oukei? Het die Here ’n draai kom maak? En waar is die tannie wat die tuine uitlê?

Afrikaans | Geen | R20 | 20 min. | Voor die Absa Burgersentrum

Daagliks tussen 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?