RY-RY RYMLANGS

KKNK 2018 - web images 1000x500 Die Beiteltjie 09 Ry Ry Rymlangs

Met June van Merch en Hilandi du Toit Regie: Johan Rademan ’n Program met werk van gevestigde en bekende digters tot meer gewaagde en eiesoortige werk van Hilandi du Toit en June van Merch. SuidAfrikaans-geïnspireerde temas, soos die liefde in alle vorme, neem gestalte aan met vier verskillende kitare wat bespeel word deur Du Toit waarin haar eie lyflike liedtekste na vore kom. Van Merch dra verskeie gedigte voor en waag ook haar eie hand aan die digkuns saam met die regisseur Johan Rademan wat saam met Hilandi en June die program saamgestel het. Ras, geslag en ander kwessies word aangeroer in werke soos “Hotnotsgot”, “Bruinman” en “Spesiale Algemene Sinode-sitting van die NG Kerk 2016” oor gayliefde en dan word die onbevange oomblikke gedeel met Ingrid Jonker se “Begin somer” wat oorloop in “Die somer het ’n geel rok aan” (Du Toit) en “Bewissie” (Van Merch), waarin sy haar liefde vir haar bromponie besing.

Gratis | 60 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nelmuseum

2 April 12:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?