RSG

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-RSG

Hierdie jaar is ’n groot jaar vir die nasionale Afrikaanse openbare radiodiens, vandag bekend as RSG. In Oktober vier hierdie radiostasie, wat al vele name gehad het, sy 80ste verjaardag. Die KKNK is nou wel nog nie so oud nie, maar die Afrikaanse nasionale radio is van die eerste jaar van die KKNK af baie nou betrokke by hierdie ikoon van ’n fees. Elke jaar se samekoms in die geel kol daar voor die C.P. Nel-museum in Oudtshoorn is een van die belangrikste saamtrekke van RSG-luisteraars, kunstenaars, sangers en RSG-personeel. Ons nooi jou om vanjaar weer by die geel RSGkaravaan te kom kuier. Jy kan uitsien na ’n RSG Kuns-uitsending vanaf die RSG-verhoog, Maandag tot Donderdag in die oggend om 11:00. Dit vervang die jare lange Oggend op RSG-uitsendings. Kom sit dus weer daar op die hooibale voor die verhoog en kyk en luister na alles wat ons jou gaan bied oor die kunste. Op vier van die aande gaan daar musiekkonserte aangebied word en dit word ook regstreeks uitgesaai. Oudergewoonte sal Die Beiteltjie weer in die museum aangebied word en vanjaar gaan daar ook twee regstreekse Vers en Klankprogramme vanuit Die Beiteltjie aangebied en uitgesaai word. Dankie vir julle lojaliteit teenoor RSG se KKNKaktiwiteite. Ons sien regtig daarna uit dat jy by ons kom kuier by die geel karavaan en kom kyk en luister na wat RSG aanbied. Ons is dankbaar dat ons ten spyte van moeilike omstandighede steeds alles gratis vir jou kan kom doen. Sterkte en voorspoed vir almal betrokke by KKNK 2017!

Magdaleen Krüger
Stasiebestuurder: RSG

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?