Rivierbuurt

KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-header

Beleef vermaak vir die hele gesin in die Rivierbuurt. Kuns- en kosstalletjies is volop, by Liplekker kan heerlike deli-produkte en wyn geproe word en daar is genoeg kroeë en rusplek om van die Oudtshoorn-hitte te ontsnap. Die feesrestaurant by Hap-en-Tap bedien smulkos en die musiekaanbod bied iets vir elke smaak.

KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-Huisgenoot

Die Huisgenoot-verhoog se opelugaandvertonings bring van jou gunstelinge soos Bok van Blerk, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Pieter Koen en vele meer saam op een verhoog.

Luister na musiek van bekende en opkomende kunstenaars op die Kango Kombuis-verhoog van 11:00 tot 13:00 met onder andere Mwah!, Johan C Venter, Michael Lindt en Elandré Schwartz wat musiek bied vir oud en jonk.

KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-KangoKombuis
KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-CocaCola

Die Coca-Cola-verhoog met bands soos Dobbelsteun, Paul Amas & vriende en Southern Lights Band skep van 12:00 tot 14:00 ’n lekker kuieratmosfeer vir feesgangers.

Sit voor in die gehoor met ’n golden circle-kaartjie vir Juanita, Bok en vriende (8 April); Theuns Jordaan en Dr. Victor (9 April); kykNET Jukebox (14 April) en Kleurvol (15 April). Kry jou golden circle-kaartjies op 23 Maart teen slegs R50 (spaar R30). Jy moet steeds ’n week- of dagkaartjie vir die Rivierbuurt hê.

KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-Huisgenoot-GoldenCircle
KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-Liplekker

Liplekker is die grootste deli in die Klein Karoo waar heerlike deli-produkte soos, wyn, bier en whiskey geproe kan word.

Meer as 450 stalletjies bied handgemaakte goedere waaronder pragtige klere, juwele, beeldhou- en ander kunswerke, produkte vir kinders en heerlike eet- en drinkgoed.

KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-Stalletjies
KKNK-2017-web-Rivierbuurt-bladsy-image-500x400-Mallemeule

Tussen die inkopies bied die mallemeule met sy rides en slides ’n verdiende blaaskans met verskeie opsies vir die adrenalienverslaafdes.

Waar en wanneer?

Die Rivierbuurt is tussen Voortrekkerweg en Kerkstraat met vier ingange: een op die oewer na die voetbrug vanaf Pick n Pay, een aan elke kant van St Johnstraat en een in Kerkstraat. Hekke maak 09:00 oop en sluit na die laaste musiekvertoning.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?