Reza se ‘Asem’ belig vroue in verdrukkende bestel

Netwerk24 berig op 9 April oor die drama Asem, van Hertzogprys-bekroonde dramaturg Reza de Wet wat tydens die KKNK te sien sal wees.

Gepas vyf jaar ná die dood van die Hertzogprys-bekroonde dramaturg Reza de Wet word haar drama Breathing In in Afrikaans as Asem op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer. Dit is ’n donker, makabere blik op die eise van patriotisme en oorlog – eintlik enige verdrukkende bestel. Kenmerkend van De Wet word die tol wat van vroue geëis word, belig.

Dit is die laaste doodsnikke van die Suid-Afrikaanse oorlog. Die Boere het alles verloor ná Kitchener se verskroeide-aarde-beleid en net ’n paar verbete soldate hou nog die fort. Vroue en kinders krepeer in die konsentrasiekampe. In ’n verlate skuur lê ’n sterwende generaal.

Dit is sprekend dat hy kaal is en deurlopend heldhaftige bevele yl, so asof hy nog ’n leerskare manskappe aanvoer. Sy refrein “moenie oorgee nie” klink hol op. Daar is werklik niemand meer oor nie. Net ’n ou vrou met wilde hare wat oor hom waak.

 

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?