Reza de Wet se ‘Asem’ op KKNK

Die volgende artikel wat op 26 Januarie 2017 verskyn op Netwerk 24, vertel lesers meer oor die produksie Asem, wat ’n huldigingsproduksie aan ­die dramaturg Reza de Wet is.

’n Huldigingsproduksie aan ­die dramaturg Reza de Wet word vanjaar op die KKNK aangebied.

De Wet, wat vandag vyf jaar gelede dood is, se Asem word by die fees onder regie van Marthinus Basson opgevoer.

Dit is ’n produksie van die Nasionale Teaterinisiatief (Nati) en die Feesteforum.

Basson het ook die vertaling van die stuk Breathing In gedoen, wat vir die eerste keer in Afrikaans te sien sal wees.

In die rolverdeling is Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt.

Die verhaal gaan oor die gebeure een nag in die doodsnikke van die Anglo-Boereoorlog in ’n uitgebrande skuur van ’n plaas waar ’n gewonde Boeregeneraal verpleeg word deur Anna, ’n kruiedokter met bonatuurlike magte. Haar dogter, Annie, veg ook om haar lewe, maar genesing is moeiliker as met haar ma se doepa.

 

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?