Prikkel jou kunskierigheid in die nuwe Kuierbuurt

KKNK-2018-web-images-strip-06-Kuierbuurt

Prikkel jou kunskierigheid in die nuwe Kuierbuurt met hope vermaak vir die hele gesin. Aktiwiteite vir die jongspan is volop met teater in verskeie genres, voorlesings uit kinderboeke en hope ander pret by die ATKV-Speelbos.

Ontspan by Liplekker met sy heerlike deli-produkte en wyn wat geproe kan word, asook by ander kroeë en rusareas. Die musiekprogram skop om 12:00 op die Castle Lager-verhoog af en eindig om 18:00, wanneer ons na die Huisgenoot-verhoog skuif.

Die aandprogram op die Huisgenoot-verhoog word in die formaat van piekniek-ervarings aangebied. Bring jou eie stoel en kombers en geniet die musiek onder die Klein Karoo-sterreprag. Kuier lekker terwyl van ons land se topkunstenaars en nuwe stemme jou vermaak.

Na die aandkonsert by die Huisgenoot-verhoog sluit ons die aand van 21:30 tot laat by die Castle Lager-verhoog af.

Weekkaartjies kos R255 en dagkaartjies sal jou R85 uit die sak jaag. Kinders onder 14 met ouerbegeleiding betaal slegs R10 per dag.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?